Deur JOHAN COETSEE en LUCILLE BOTHA
21 Februarie 2012

599 keer gelees | 3 kommentaar

Die landbou in Suid-Afrika kan tot 1 miljoen nuwe werkgeleenthede skep – wat bykans 10% van die totale hoeveelheid geleenthede in die land uitmaak.


Die landbou in Suid-Afrika is in staat om tot 1 miljoen nuwe werkgeleenthede te skep – wat bykans 10% van die totale hoeveelheid werkgeleenthede in die land uitmaak.

Twee akademici, prof. Mohammad Karaan en prof. Nic Vink, albei van die Universiteit van Stellenbosch, het op Agri SA se konferensie in die Eikestad gesê die landbou het die vermoë om dié bykomende werkgeleenthede skep. 

Karaan het gesê die landbou kan ‘n belangrike rol speel in die opheffing van landelike gebiede, asook bystand met die vestiging van mense in dié gebiede.

Dit is egter belangrik dat ongelykhede in landbou uitgewis word, het hy bygevoeg.

Bykomende werkgeleenthede
Prof. Nic Vink, voorsitter van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, sê dié bedryf kan 643 000 addisionele werkgeleenthede in die primêre sektor en 326 000 werkgeleenthede in die sekondêre sektor skep.

Die werkgeleenthede sal op drie maniere geskep word: Deur die uitbreiding van besproeiingspotensiaal, bevordering van kleinskaalse boere en deur sogenaamde wenbedrywe te identifiseer en uit te brei.

“Suid-Afrika produseer sowat ‘n derde van sy landbouproduksie op 1,5% van die landbougrond. Besproeiing sal ‘n baie sterk rol speel in werkskepping. Die Departement van Waterwese meen daar is heelwat addisionele besproeiingspotensiaal in die land. Ons kan van 1,5 miljoen ha onder besproeiing opgaan tot 2 miljoen ha,” sê Vink.

“Groot dele van Suid-Afrika se landbougrond is in die kommunale areas en ook nou toenemend in mislukte grondhervormingsprojekte waar die grond nie produktief gebruik word nie. Ons moet hierna kyk en sorg dat dit produktief word.

“Die derde strategie is om wenners te kies: Om bedrywe te vind wat goed vaar en die vooruitsigte het om ook in die toekoms goed te doen.”

21 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/02/23 12:27:04 PM

DIE MENSE PRAAT UIT VERSKILLENDE MONDE. DIE 1 OOMBLIK Sê DEPT. VAN WATERWESE DAAR IS TE MIN WATER BOERE MOET MINDER WATER KRY EN DIE VOLGENDE OOMBLIK WORD GESê BESPROEING MOET UITGEBREI WORD. WIL ELKEEN MAAR NET GEHOOR WORD?


Onbekende persoon

2012/02/22 10:32:12 AM

Ons probeer al 5 jaar om water te bekom uit die breederivier vir 1000ha ontwikkeling en ons ervaar een stuikelblok na die ander en amptenare wat nie besluite wil of kan neem nie almal "pass the buck" na die vlg persoon en so aan. Van die boere is klein rospelers en is te klein om te bemagtig maar hulle kan 20- 30 werkgeleenthede skep maar helaas as jy nie bemagtig kry jy nie n watertoekenning, punt.


Olivier Kritzinger

2012/02/22 09:37:42 AM

Ja, die Landbou kan baie werksgeleenthede skep! Ek sukkel nou al van 27.1.2011 dat iemand aandag aan my voorstel gee dat die Beaufort-Wes en Noord Kaap areas ontwikkel word uit die oorloop en vloed waters van die Oranjervier.(Die Umzimvubu area gaan 'n dam kry volgens pres. Zuma se parlementopenings-toespraak). Dink net as die Staat die Beaufort-Wes en Noordkaap areas ook 'n oorloopdam gee met kanale, wat se massiewe ontwikkeling kan in die groot area van 25000 vierkante kilometer plaasvind. Die ontwikkelings- moontlikhede is legio. Is daar iemand in die Ministerie van Lanbou wat my kan kontak? Ek wil graag my voorstel met 'n direkteur of minister of hoë amptenaar deel wat iets aan die saak kan doen! Asseblief! Waar is die minister en adjunk minister van Landbou???? Ek sal julle oproepkoste betaal!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights