Deur JOYLENE VAN WYK
25 Oktober 2011

1060 keer gelees | 4 kommentaar

Die Regering se planne om die landbousektor in een van sy grootskaalse werkskeppers te ontwikkel, blyk sover ongeslaag te wees.


Die Regering se planne om die landbousektor in een van sy grootskaalse werkskeppers te ontwikkel, blyk sover ongeslaag te wees.

Die aansuiweringsbegroting van die Nasionale Tesourie vertel ’n duidelike verhaal van teikens vir werkskepping wat nie deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gehaal kon word nie.

Landbou sukkel
Oor die algemeen het dit in die eerste helfte van vanjaar nie so goed met dié sektor, die mynbou en die vervaardigingsektor gegaan nie.

Waardetoevoeging tot die landbou het gedurende hierdie tyd met 6,6% gestyg vergeleke met die vorige jaar, maar dit het gedaal in elk van die eerste twee kwartale van vanjaar. Dit is grootliks weens ongunstige weerstoestande wat oeste geraak het.

Vergeleke met die eerste ses maande van verlede jaar, het dienste in waardetoevoeging met 3,3% in die eerste helfte van vanjaar gestyg met sterk groei in al die sektore.

Stygende voedsel- en petrolpryse het inflasie opwaarts gedruk, wat van 3,2% in September verlede jaar tot 5,7% in September vanjaar gestyg het.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ’n totale aanpassing van R245 miljoen gekry.

Voedselsekerheid belangrik
Mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, het in sy mediumtermyn-begrotingsrede gesê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se pogings om die landbou se handelsposisie te verbeter en meer steun aan opkomende boere te gee, is uiters belangrik vir voedselsekerheid en ook vir die werkskeppingspotensiaal wat met boerderyaktiwiteite gepaard gaan.

Hy het gesê die uitbreiding van die rol van die Land Bank om die sektor te steun, sal help om groei en werkskepping in die sektor te stimuleer.

Die departement se teiken om 32 567 werksgeleenthede vir die jaar in die agri-verwerkingsektor te skep, sal nie bereik word nie. Dit is hoofsaaklik weens die verlies van 17 000 werksgeleenthede in dié sektor tussen Maart en Junie vanjaar.

Die aantal kleinboere wat in die nuwe voorgestelde kommoditeitsverenigings gegroepeer moes word, is ook afwaarts tot 1 300 aangepas. Die departement wou 15 000 nuwe boere, 1 000 koöperasies met 15 lede elk, per jaar in die verenigings groepeer, maar net 617 kon in die eerste helfte van die 2011/’12 boekjaar daarby ingeskakel word.

Verder kon die departement in die eerste helfte van die boekjaar slegs 3 611 boere van sy mikpunt van 10 000 boere per jaar vestig.

Minder heeltydse werksgeleenthede
Die departement kon ook net slegs 14 heeltydse werksgeleenthede skep in sy werkskeppingsprogram vir gemeenskappe in plattelandse gebiede. Die beoogde 1 300 werksgeleenthede is tot slegs 65 vir die boekjaar aangepas.

Die Tesourie het R150 miljoen bewillig vir boere wat vroeër vanjaar deur vloede geraak is; R27 miljoen vir die bestryding van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal; R7 miljoen vir die bestryding van die H5N2-virus, oftewel voëlgriep; R208 miljoen vir suur mynwaterskade in die Witwatersrand; en R752 miljoen se voorwaardelike toelaes aan provinsies wat geld insluit vir die herstel van infrastruktuur wat deur die vloede beskadig is.

Projekte vir infrastruktuur kry meer as ’n miljard by en R105 miljoen is begroot vir die Verenigde Nasies se internasionale Cop17-klimaatberaad volgende maand in Durban.

25 Oktober 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2011/10/27 08:20:00 AM

'n Kultuur van luiheid bestaan reeds - mense wil nie werk nie en indien wel , teen tariewe wat vir boere onsinnig is. Boere sukkel reeds om oeste afgehaal te kry omdat mesne nie teen tariewe wat boere kan bekostig , wil werk nie


Onbekende besoeker

2011/10/26 04:42:00 PM

Die regering pak die kwessie heel verkeerd aan, inplaas van wette en regulasie wat op die boere afgedwing word kan hulle eerder byvoorbeeld belasting verligting gee aan boere wat meer as n sekere getal werker aanhou. Die moontlikhede is legio en almal weet voor al die wette en verblyfsreg ens. Toe werk volop in die boerdery was het die mense wat hulle werkers sleg behandel en te min betaal het altyd met die slegte werkers of geen werkers opgeeindig. Maar daai tyd het die werkers n keuse gehad nou het hulle nie meer n keuse nie want daar is net nie meer werk nie. Die grootste probleem is dat dit n politieke speelbal is en nie regtig gaan oor die mens op die grond nie. Dis alles goed en wel om te kan se dat daar nou verblyf sekerheid en minimum salarisse is maar dit help die man wat sonder werk sit niks nie. Met die boerdery klimaat soos dit nou is gaan die probleem net erger raak voor dit reg gedruk gaan raak deur die regering. En ek is doodseker meer as 90% van die boere sal weer meer werkers aanstel as die regering meer die boer se hand sou wou vat inplaas van meer wette en regulasies instel wat dit onmoontlik maak om mense in diens te neem. Die beste raad vir die regering sou wees gaan praat met die ou werkers, vroeer het hulle dalk nie so n groot salaris gekry nie maar daar was altyd kos en klere gewees. Min van die gesinne in die stede kon se hulle kry 1 na 2 skape n maand. Die slotsom is moenie die werker as politieke speelballe gebruik nie hulle het nie vet bankrekeninge en mercedeze nie en hulle lewe raak al swaarder.


Onbekende besoeker

2011/10/26 01:56:21 PM

Die regering WIL NIE WERK SKEP NIE!!!!!!! Dit is maar net om iets te sê om gehoor te word. Ek het die Dept. van arbeid genader en gesê dat ons met 2 nuwe projekte wil begin maar dat ons nie die mense min. loon kan betaal nie. Die projekte moet eers van die grond af kom. Die dept. se reaksie was dat ek 'n notule moet indien waar ek 'n vergadering met die werkers gehou het en verduidelik het dat ek nie min. loon kan betaal nie. Ek probeer aan die dept. verduidelik dat daar nog nie werkers is waarmee ek vergadering kan hou nie want ek kan hulle nie aanstel as ek nie toestemming het vir'n laer loon nie. Nou kan/wil of gaan hulle my nie help nie.


Onbekende besoeker

2011/10/26 06:34:50 AM

Werk skep? Ons vervang al ons implemente met groter modelle omdat daar nie meer betroubare arbeid op die plaas beskikbaar is nie! Die mense WIL NIE werk nie: dis vir hulle beter om maandeliks vir al die Staats-toelaes te gaan. As alles volgens plan verloop, gaan ons slegs 4 trekker drywers nodig he om dieselfde hektare te plant waarvoor ons nou 15 onbetroubare drywers nodig het. Ons het klaar 'n kontrak gesluit met 'n kontrakteur wat alle bespuitings per vliegtuig gaan doen. Die Departement moet maar die oortollige 11 slegte drywers ook op hul lysie sit en vir hulle werk soek.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights