1 Augustus 2012

767 keer gelees | 0 kommentaar

’n Vakleerling van Townland Forest se Future Farmers-projek se liggaam is buite Greytown in KwaZulu-Natal gevind.


’n Landbou-vakleerling wat ’n belowende toekoms gehad het, is vermoor buite Greytown in KwaZulu-Natal gevind.

Die 18-jarige mnr. Mduduzi Majola is, volgens lt. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, met ’n wond aan sy kop en ’n draad om sy nek gevind. Sy selfoon, klere en sowat R1 500 se kruideniersgeld is glo gesteel.
 
Luidens ’n berig op News24.com was Majola Vrydag (27 Julie 2012) op pad na sy suster in Ixopo toe hy vermis geraak het. Sy loon is kort voor sy vertrek in kontant aan hom betaal. Sy ligaam is deur plaaswerkers gevind.
 
Verlies
Majola se pa, mnr. Malangela Majola, beskryf sy dood as ’n groot terugslag. Majola sê sy seun was ’n harde werker wat ’n belowende toekoms voor hom gehad het.
 
Majola het op mnr. Mark Hauff se plaas grootgeword, waar sy pa werk. Hauff het Mduduzi gehelp om skool toe te gaan. Volgens Hauff se dogter, Linda, het haar pa altyd die plaas aan Mduduzi oorgelaat wanneer hy met vakansie gegaan het.
 
Mduduzi was besig met opleiding om ’n boer te word, en sou in Januarie volgende jaar na Californië gaan waar hy ’n internskap sou voltooi.
 
Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights