Deur ALANI JANEKE
24 Oktober 2012

950 keer gelees | 6 kommentaar

’n Groot gees in die landbou, mnr. Pieter Meyer, ’n boer van Hartebeesfontein, is aan ’n hartaanval oorlede.


“Dit het gisteroggend (Dinsdag, 23 Oktober 2012) so net na 09:00 gebeur. Dis ’n groot verlies en ons is hartseer,” vertel me. Nellie Kruger, een van mnr. Pieter Meyer se vier dogters. Meyer, wat vir die afgelope 47 jaar geboer het, is skielik aan ’n hartaanval oorlede. Hy laat sy vrou,  Hester, en dogters agter.
 
Meyer het in gr. 8 sy ouers in ’n motorongeluk verloor en is deur mnr. Frikkie en mev. Annie Lombaard ingeneem en as hul eie seun grootgemaak. Meyer het in 1967 ’n B.Comm.-graad in Rekeninge aan die Universiteit van Noordwes in Potchefstroom verwerf. Ná Lombaard se dood moes Meyer besluit of hy sy sakeloopbaan wou ontgin of wou gaan boer, en so het hy begin om grond by Annie te huur.
 
Me. Annerie Kruger, wat die laaste jaar saam met haar pa geboer het, sê haar pa het 47 jaar lank geboer. “Boerdery was in sy bloed. Hy het ’n groot passie vir boerdery en sake gehad en hy het altyd die nuus dopgehou om homself op die hoogte te hou.”
 
Gemeenskapsmens
Mnr. Jaco Maré, tweede ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê Meyer was ’n groot gees en ’n gemeenskapsman. Dít is duidelik uit sy lang lys van prestasies en van die organisasies waartoe hy behoort het. Me. Elmarie Joynt, woordvoerder vir Senwes, sê Meyer was voorsitter van Senwes se direksie tot en met 10 Oktober 2000. Hy was ook vanaf 19 September 1994 tot 2000 voorsitter van Sentraalwes-koöperasie.
 
Meyer was van 1981 af ’n bestuurslid van die Hartebeesfontein-boerevereniging. Hy het ook 10 jaar lank in die Mielieraad gedien, waarvan hy ses jaar lank ondervoorsitter was. Meyer was betrokke by die Nampo-Oesdag waar hy 12 jaar lank ’n hoofbestuurslid was en vir agt jaar in die dagbestuur gedien het.
 
Hy was ook ’n hoofbestuurslid van Agbiz (die Landboubesigheidskamer) en het vir ’n termyn van vier jaar as die tweede voorsitter van Agri Noordwes gedien. Mnr. Cor van Vuuren, die huidige voorsitter, sê Meyer het groot bydraes in die landbou gelewer, plaaslik en nasionaal.
 
’n Roudiens en begrafnis vir Meyer sal Vrydag, 26 Oktober 2012, vanuit die NG Kerk Hartebeesfontein gehou word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jan Tromp

2012/10/24 07:42:23 PM

Ons treur saam met julle almal . Ons dank die Here vir Pieter Meyer , ons goeie vriend en geesgenoot wat ons voorgegaan het. Dankie vir sy lewe en die lig wat hy gebring het , hy was my ou maat !Totsiens ou Pieter .


butch

2012/10/24 10:11:52 PM

So 'n groot gees word inderdaad gemis


helga Meyer

2012/10/24 11:34:30 PM

Grootste hartseer wat almal getref het. Groot verlies van 'n groot man.


Jannie Div

2012/10/25 01:35:58 PM

Ons gaan hom mis. Hy was een van die dapper leiers in landbou wat die land wou help verander het. Ek het ook groot respek vir hom gehad waar ons op geestelike terrein saamgewerk het om God se Koninkryk uit te brei. Jannie Div


johan friedrich

2012/10/26 05:05:00 AM

Ons treur saam met almal met die dood van n geliefde vriend!ons innige meegevoel met sy vrou Hester en sy dogters. Dit was waarlik n voorreg om Pieter te kon ken.0n s dra julle op in ons gebede en sterkte!


At Kruger

2012/10/28 07:57:30 AM

Voorwaar `n groot gees in lanbbou wat almal met respek hanteer het. sy bydrae sal lank onthou word.Trooswense vir sy familie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights