Deur ALANI JANEKE
13 Junie 2012

535 keer gelees | 0 kommentaar

Die gesegde lui: Nuwe besems vee skoon; en dít is waarop georganiseerde landbou hoop nadat ’n nuwe, vroulike polisiekommissaris aangestel is.


Kritiek kom uit verskillende oorde nadat pres. Jacob Zuma me. Mangwashi (Riah) Phiyega, wat geen agtergrond in die polisie het nie, in dié posisie aangestel het. Zuma het haar aanstelling bekend gemaak kort nadat hy die geskorsde genl. Bheki Cele in die pad gesteek het.
 
Phiyega se loopbaan het as ’n maatskaplike werker begin, berig Nuus24.com. Sy is in Polokwane gebore en was tot onlangs voorsitter van die presidensiële hersieningskomitee oor staatsbeheerde ondernemings.

Die kommissaris het verskeie tersiêre kwalifikasies, en het al in onder meer die bestuurspanne van Absa en Transnet gedien. Sy was ook deel van die 2010 Wêreldbekersokker-bodkomitee, waar sy ’n spesiale toekenning ontvang het vir die werk wat sy gedoen het.

Pyp rook

Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, sê hy staan verstom oor die aanstelling. “Miskien is die aanstelling gedoen om te help om die polisie se profiel te verbeter. Net die tyd sal leer of sy die pyp sal kan rook.”

Meintjes meen wel dat as Phiyega in haar taak faal, Zuma verantwoordelikheid vir sy besluit sal moet aanvaar. Hy meen verder dat iets drasties en vinnig sal moet gebeur om die polisie se dienslewering en beeld op alle vlakke te verbeter.

Die organisasie het intussen luidens ’n verklaring ’n uitnodiging aan Phiyega gerig om oor plaasveiligheid met hom in gesprek te tree. “Die georganiseerde landbou sal haar beoordeel aan haar vermoë of gebrek daaraan om die veiligheidsposisie van ons landbouers te verbeter,” sê mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van die veiligheidskomitee.

Sterkte toegewens

Intussen sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, die organisasie wens Phiyega sterkte toe met die groot taak wat haar opgelê is. Dié organisasie meen ook dat een van haar grootste take sal wees om die beeld van die polisie te poets. Möller sê verder sal sy ook van ongewenste elemente, soos korrupte polisielede wat van deelname aan wanpraktyke beskuldig word, ontslae moet raak.

Verder sê Möller hoewel Cele foute begaan het, moet hy erkenning kry vir dít wat hy wel in die polisie verbeter het. “Hy het sigbare polisiëring verbeter en programme in werking gestel wat wél meriete het.”


Bron: Nuus24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights