11 April 2012

518 keer gelees | 0 kommentaar

’n Rabat op of kwytskelding van e-tolgeld in Gauteng is nodig vir boere, wat prysnemers is, om te kan oorleef, sê die TLU SA.


’n Rabat op of kwytskelding van e-tolgeld in Gauteng is nodig vir boere, wat prysnemers is, om te kan oorleef, sê die TLU SA.

Luidens ’n brief wat dié organisasie aan mnr. S’bu Ndebele, Minister van Vervoer, gestuur het, vra mnr. Louis Meintjes, voorsitter, vir ’n vergadering met die minister om dié en ander kwessies te bespreek.

Meintjes sê boere beding pryse vir hul produkte op markte, en dít is die pryse wat hulle moet aanvaar – die pryse word nie weens duurder brandstof, hoër voertuiglisensiegeld of bykomende tolpaduitgawes aangepas nie.

Hy maan die minister verder dat as boere toenemend onder finansiële druk kom, dit voedselproduksie en die land se voedselsekerheid sal benadeel.

Volgens die organisasie betaal ’n boer tans R364 aan tolgeld om sy produk in een rigting van Bloemfontein na Johannesburg te vervoer.

Tolgeld vir eenrigtingvervoer tussen Komatipoort en Johannesburg beloop R863, tussen Musina en Johannesburg kos dit R672, tussen Durban en Johannesburg is dit R639 en tussen Swartruggens en Johannesburg kos dit R383. Dié tolgeld sluit die huidige tariewe van Sanral se e-tolstelsel uit.

Lisensies
Tweedens wil Meintjes probleme met lisensies vir werktuie wat primêr op plaasgrond en plaaspaaie gebruik word, onder die minister se aandag bring. Hy sê riglyne oor dié voertuie was nog altyd tegemoetkomend.

Die afgelope tyd het dit duidelik geword dat veranderinge intree met “yslike” stygings in lisensiegeld en die voorvereiste dat werktuie, soos trekkers, teen groot onkoste vir die boer na ’n geskikte toetssentrum geneem moet word.

11 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights