Deur ALANI JANEKE
15 Oktober 2010

1754 keer gelees | 2 kommentaar

‘n Reeks vergaderings tussen die Ministerie van Polisie en boere oor landelike veiligheid het in Gauteng afgeskop.


‘n Reeks vergaderings tussen die Ministerie van Polisie en boere oor landelike veiligheid het Donderdag (14 Oktober) in Gauteng afgeskop.

Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, sê hy wil in elke provinsie met alle rolspelers vergader om alle kwessies rondom landelike veiligheid te bespreek.

Die volgende vergadering vind Vrydag (15 Oktober) by Hoërskool Lichtenburg in Noordwes plaas. Mnr. Fikile Mbalula, adjunk-minister van Polisie, sal dit bywoon.

Mthethwa het aan Landbou.com gesê die vergadering met Gauteng se boere, plaaswerkers en Polisie baie positief was. “Ek dink ons het almal vandag ooreengestem dat dit nou tyd is vir die toepassing van daadwerklike oplossings. Die tyd vir praat is verby.”

Ontplooi doeltreffend
Mthethwa sê van die oplossing waarna spesifiek verwys is, is die doeltreffende ontplooiing van die Polisie se hulpbronne. “In ‘n provinsie soos Gauteng kan jy nie ‘n te klein span ontplooi en verwag dat hulle alle voorvalle moet aanspreek nie.”

Volgens die minister het hy aan lt.genl. Mzwandile Petros, Polisiehoof in Gauteng, en me. Nandi Mayathula-Lehoza , die LUR vir landbou in dié provinsie, opdrag gegee om te verseker die nodige stappe word geneem om landelike veiligheid te verbeter.

Die gebruik van die toerusting wat vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangeskaf is, is deel van die strategie, vertel Mthethwa.

Provinsie het nou rigting
Intussen sê mnr. Andre Botha, voorsitter van Agri Gauteng, hy is ook baie gelukkig oor die afloop van die vergadering. “Dit was baie konstruktief en bied ‘n goeie padkaart van die pad vorentoe wat die Ministerie wil volg.”

Volgens Botha het die minister goeie politieke leierskap gegee “sonder om doekies om te draai oor waarheen hulle met landelike veiligheid wil gaan”.

Hy meen die provinsiale strukture van die Polisie en die departement het nou ‘n baie goeie aanduiding van wat van hulle verwag word en wat hulle moet doen.

15 Oktober 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


hans putter

2010/10/16 12:54:23 PM

ek dink dis n stap in die regte rigting en is hoog tyd


Grobbies

2010/10/15 04:08:57 PM

Na hoeveel plaasmoorde?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights