Deur ALANI JANEKE
26 Junie 2012

575 keer gelees | 0 kommentaar

Die skorsing van mnr. Langa Zita as direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is nie ’n verrassing nie, sê Agri SA.


Reaksie uit landbougeledere ten opsigte van die skorsing van mnr. Langa Zita, direkteur-generaal (DG) van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, is ’n teken dat die landbou nie met Zita as ’n DG tevrede was nie. Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê dié stap is nie ’n verrassing nie.

“Kaderontplooiing hou nie slegs onaanvaarbare risiko’s vir dienslewering op alle regeringsvlakke in nie, maar is ook onregverdig teenoor individue soos mnr. Zita wat nie in die pos aangestel moes wees nie en nou geskors is,” sê Möller.

Ontevredenheid

Volgens Möller is Agri SA se ontevredenheid met dienslewering deur en verhoudinge met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op ’n spits gedryf deur omstrede uitlatings deur Zita. Dié stellings het volgens Agri SA Zita se onkunde oor en trae hantering van probleme van die kommersiële landbou, asook sy vreemde siening oor hoe hy met die bedryf sou wou skakel, laat blyk. 

Möller wens Zita nogtans voorspoed toe en hoop dat sy pos gevul sal word deur ’n persoon met bewese bestuurservaring met ’n goeie kennis en insig van die uitdagings wat die kommersiële landbou konfronteer.

'n 'DG wat weet’

Intussen het mnr. Bennie van Zyl, hoof uitvoerende beampte van die TLU SA, ook die hoop uitgespreek dat ’n nuwe DG, wat weet hoe om die landboudepartement as ’n dinamiese departement aan te dryf, aangestel sal word.

“Ek weet nie wat die rede vir die skorsing is nie, al wat ek weet, is dat ons nie ’n departement het wat dinamies besluite neem en die landbou aanspoor nie,” aldus Van Zyl. Hy meen dat ’n nuwe DG nie ’n politieke aanstelling moet wees nie, maar ’n aanstelling gegrond op die persoon se hantering van uitdagings in die landbou.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights