Deur JAN BEZUIDENHOUT
10 Junie 2012

823 keer gelees | 1 kommentaar

’n Eendag-kursus in hoëdruk-beweiding, aangebied deur mnr. Johann Zietsman van Zimbabwe, vind in Julie by Modimolle plaas.


Die kursus bied ‘n inleiding tot die toenemend populêre en produktiewe hoëdruk-weidingstelsel. Die kursus behandel die beginsels, praktyke en infrastruktuur benodig om hierdie stelsel te implementeer en te bestuur. Die dag sluit lesings met nota’s asook ‘n plaasbesoek waar hoëdruk-beweiding toegepas word in.

Mnr. Johann Zietsman, die aanbieder, is ‘n internasionaal bekende opleier en konsultant. Hy het self hoëdruk-beweiding in Zimbabwe toegepas en is grootliks verantwoordelik vir ‘n oplewing in hierdie weidingstelsel.

Die kursus word op 19 Julie in Afrikaans aangebied, en op 20 Julie is die kursustaal Engels. Al twee kursusse is by die Koro Creek Golf Landgoed by Modimolle, in Limpopo. Die kursus kos R850 per persoon en middagete is ingesluit.

Meer inligting en besprekings: E-pos info@alut.co.za of tel. 014 717 3819 (Jolene).


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


W.Bouwer

2012/08/01 06:34:50 PM

Ek stel baie belang om meer te wete te kom oor hierdie onderwerp.Wees asb. so gaaf en reel n kurses in die Malmesbury Weskaap area. Groete W.Bouwer

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights