Deur ALANI JANEKE
19 September 2012

516 keer gelees | 1 kommentaar

’n Tweede ooreenkoms oor die onderhoud en handhawing van sekuriteit ten opsigte van die grens met Lesotho is onderteken.


’n Nuwe ooreenkoms rakende die grens met Lesotho en die beskerming van boere se belange langs die grens, gaan na verwagting Donderdag (20 September 2012) in die Bloemfonteinse Hooggeregshof bekragtig word.

Mnr. Kobus Breytenbach, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou (VL), sê die ooreenkoms is aan die einde van verlede maand deur die Vrystaatse provinsiale regering onderteken.
 
Dié ooreenkoms is saamgestel nadat VL ’n hofsaak teen die provinsiale regering oorweeg het omdat die eerste ooreenkoms, wat in 2010 in ’n hof bekragtig is, nie nagekom is nie. Pres. Jacob Zuma het die organisasie genader en gevra of hulle asseblief onderhandelinge buite die hof sal oorweeg, wat deel was vann ’n poging om die saak buite die hof te skik.
 
Erns
In antwoord op ’n vraag of daar ’n waarborg bestaan dat dié ooreenkoms nagekom sal word, sê Breytenbach: “Dit is tans die million dollar question”. Hy sê die bepalings wat in die ooreenkoms vervat is, is met groot erns aangepak en hulle verwag dat die Regering strenger in daardie verband sal optree.
 
Hy sê in die ooreenkoms is ’n afdeling ingewerk oor hoe hulle te werk moet gaan indien hulle nie met iets tevrede is of as iets nie nagekom word nie. “Spesifieke persone is ook aangewys met wie daar oor sekere sake in verbinding getree moet word, want vroeër moes dit net na die LUR of iemand in sy kantoor verwys word.”
 
Wat die grenspad betref, sê Breytenbach dit is die nasionale departement se verantwoordelikheid en opmetings word tans gedoen sodat dit verbeter kan word.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Alani

2012/09/20 02:16:47 PM

Mnr. Kobus Breytenbach het Landbou.com Donderdag, 20 September 2012, in kennis gestel dat die ooreenkoms wel op dié dag in die hof bekragtig is. Meer inligting oor die ooreenkoms sal binnekort beskikbaar wees. Redaksie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights