Menu
 

Deur JOYLENE VAN WYK
7 Maart 2013

2297 keer gelees | 7 kommentaar

Altesaam 900 boere het om kwytskelding van die minimum loon van R105 per dag gevra, sê die Minister van Arbeid.


Altesaam 900 aansoeke is ontvang van boere wat kwytskelding van die minimum loon van R105 per dag vra, sê me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid.

Sy het aan media by die Parlement gesê dat 10% van die aansoeke wat ontvang is, teruggestuur is om meer inligting te kry. Die aansoeke het nie die nodige ondersteunende dokumentasie gehad nie.

Sy is ook van mening dat daar nie grootskaalse werksverliese weens die minimum loon-aanpassing sal wees nie.

Oliphant het uitgewys dat boere in sommige provinsies, veral Limpopo, aansoek by die Departement van Binnelandse Sake gedoen het om buitelandse werkers aan te stel. “In terme van die prosedure moet ons kyk of die vaardighede van die werkers wat hulle wil aanstel nie in die land reeds beskikbaar is, voordat die aansoeke goedgekeur word.”

Buitelandse werkers
Oliphant het egter klei getrap toe Landbouweekblad haar daarop wys dat reeds meer as 6 000 aansoeke vir buitelandse werkers onvang is en dat haar adjunk-direkteur-generaal vir arbeidsbeleid dit regstreeks met die loonverhoging verbind.

Landbouweekblad het vroeër berig dat in Januarie is 1 410 aansoeke in Limpopo en 1 428 in Mpumalanga ingedien is. Teen 20 Februarie is in die Wes-Kaap ook om 758 permitte aansoek gedoen. In dieselfde maand is in Limpopo om 950 en in Mpumalanga om 1 941 permitte aansoek gedoen. Die totale aansoeke in die maand tot 20 Februarie was 3 649.

Boere en plaaswerkers
Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het bygevoeg dat die werk wat adj.pres. Kgalema Motlanthe begin het om samesprekings met boere en plaaswerkers te hou in ‘n poging om hulle probleme op te los, voort sal duur. “Ons kyk na hoe ons kan saamwerk: Die Regering, arbeid en die landbousektor. Hoe die bedryf hom kan herposisioneer om ‘n inklusiewe begrip van die landbou te hê.”

Davies het benadruk dat pogings aangewend sal moet word om die behoud van inkomste te verseker van produkte wat in Suid-Afrika geproduseer en uitgevoer word. Altesaam 45% van die waardeketting van tafeldruiwe wat van Suid-Afrika kom, beland in die sakke van buitelanders. Hy glo die persentasie is selfs hoër as dit by die uitvoer van vrugte kom.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2013/03/08 07:24:40 AM

"Sy is ook van mening dat daar nie grootskaalse werksverliese weens die minimum loon-aanpassing sal wees nie" Hier begin die propaganda. Volgende gaan sy seker se "ons was reg die boere het die werkers uitgebuit hulle kan dit bekostig" Die vraag is nou: Gaan die Landbou-organisasies hulle laat wegkom hiermee of gaan hulle, hulle takke versoek om die regte syers te kry sodat dit gepubliseer kan word ? 900 het aansoek gedoen. Baie meer het net nie die moeite gedoen nie. Die feit dat 900 aansoek gedoen get moet eintlik die gevaarligte vir hulle laat flikker.


Albert Hansen

2013/03/08 11:01:13 AM

Ek weet nie of hulle besef hoe belngrik die landbou bedryf is vir die ekonomie nie. Die hele loon geskil gaan 'n groot sneeubal effek he en hulle besef dit ook nie.Die boer moet maar vat wat hy kry en kan nie prys maak nie.


butch

2013/03/08 11:23:29 AM

Gister was arbeidsreg prokureur hele dag lank op 'n plaas besig om personeel voor te berei vir afleggings - vanaf plaasbestuurder tot heel onder - eienaar in trane - ook die werkers - hy wil nie van sy werkers afdank - en hulle wil ook nie elders gaan werk - werkers bereid om vir die vorige loon of matige verhoging te werk, maar dis mos teen die wet - geluk min oliphant , tony , nosey - hoop julle slaap goed!


Toby Cilliers

2013/03/08 11:31:09 AM

Die LWO sal seker kan sê hoeveel van hul lede het aansoek gedoen. Ons is in die proses om 30% van ons arbeidsmag af te lê. Ons sal ook nie verder ongeskoolde personeel aanstel nie. Hulle is deur die regering gevonnis tot werkloosheid. Vir R105 kan jy 'n trekkerdrywer huur.


Lou

2013/03/08 12:44:30 PM

jy vra net vir vrystelling as jou arbeiders instem om teen n kliener loon te werk stel ooreenkoms op dat jou arbeid dit teken en dan heg jy dit by jou vrystelling aansoek aan.


butch

2013/03/08 02:31:03 PM

baie boere beskou dit as immoreel om minder as die voorgeskrewe tarief te betaal en wil nie aansoek doen - dikwels verkies hul die roete van aflegging en skeidingspakket - een boer seg dit sal sy gewete pla as hy minder moet betaal


Piet

2013/03/11 10:48:02 AM

Is tans besig om te besluit of ons moet aangaan of nie met die groente boerdery. 20 Mense se werk in gedrang.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.