Maak die lewe só maklik

Deur Marieke Snyman
18 April 2017
Die Hello-Groep het met eenvoudige produkte vorendag gekom wat dit vir werkers nie net gerieflik sal maak nie, maar ook bekostigbaar maak om geld huis toe te stuur.

Promosie-artikel:
Talle boere het plaaswerkers in diens wat van ander Afrika-lande, soos Zimbabwe en Malawi, afkomstig is. Die meeste van hierdie werkers het elke maand ’n behoefte daaraan om geld na hulle families in die buiteland te stuur sonder om ’n fortuin daarvoor te betaal.

Die Hello-Groep het met eenvoudige produkte vorendag gekom wat dit vir dié werkers nie net gerieflik sal maak nie, maar ook bekostigbaar maak om geld huis toe te stuur. Die produk se naam is HelloPaisa.

HelloPaisa is ’n bekostigbare internasionale geldoordragproduk. Dit is veilig en maklik om te gebruik en maak van die nuutste tegnologie gebruik.

Vir buitelandse werkers
“Ons wou ’n verskil maak in die buitelandse werkers in Suid Afrika se lewens. Die doel van hierdie produk is nie om geld in óns sakke te steek nie, maar om buitelandse werkers in Suid te help,” sê mnr. Moosa Manjra, die hoof-uitvoerende beampte van die Hello-Groep.

“Ons metode is die goedkoopste en mees betroubaarste manier om geld internasionaal te stuur. Die werker hoef nie meer via taxi’s en  ander onbetroubare maniere geld terug huis toe te stuur nie. Die transaksie word begin deur middel van ’n USSD-kode (*130*43556#) wat die kliënt van sy foon af bel. Dit hoef nie ’n slimfoon te wees nie, en die kliënt het ook nie noodwendig nodig om met die HelloPaisa app (toep) te werk nie,” sê Moosa.

“Die kliënt het ook die opsie om vir die vriendelike inbelsentrum (012 880 1800) ’n versoek te stuur dat ’n agent hom of haar bel om die transaksie te begin. Amper soos ’n ‘please call me’ ,’” verduidelik Moosa.

Verskeie winkels neem deel
Nadat die transaksie begin is, kry die kliënt ’n verwysingsnommer. Hiermee kan hy na ’n verskeidenheid van winkels toe gaan, soos Shoprite, Ackermans of Pep en vele meer. Die HelloPaisa kliënt gee vir die kassier die verwysingsnommer wat hulle op hulle stelsel insleutel. Die kliënt betaal dan die spesifieke bedrag in wat hy vir sy familie wil stuur. Sy familielid kan dan ook met ’n verwysingsnommer die geld by spesifieke winkels in die land waar die geld ontvang word gaan afhaal. Die hele transaksie kan binne vyf minute plaasvind, waar die geld ook onmiddelik beskikbaar is vir die ontvanger.

’n Alternatiewe opsie wat die kliënt het, is om op ’n maandelikse basis ‘n elektroniesegeldoordrag te maak, wat dieselfde manier uitbetaal word in die land waar die geld heen gestuur is. Die voordeel hiervan is dat die kliënt nie eers dorp toe hoef te gaan om die geld oor te betaal nie.

Die maatskappy se inbelsentrum het agente wat onder andere Shona, Chichewa en nog talle ander tale kan praat. Dus word geen verwarring veroorsaak as die kliënt dalk nie Engels kan praat nie.

Meer inligting:
Vir meer inligting om jou plaas werkers te help om geld huis toe te stuur, kontak gerus vir HelloPaisa deur plaaswerker@hellogroup.co.za.

KOMPETISIE:
Die Hello-groep bied ’n kompetisie aan. Om in aanmerking te kom hiervoor moet jy ’n e-pos stuur aan plaaswerker@hellogroup.co.za en die volgende vrae beantwoord:

  1. Naam en Van?
  2. Waar is U plaas geleë – Area en Stad?
  3. Hoeveel internationale werkers het U op U plaas?
  4. Wat is die nasionaliteit van U werkers op U plaas?
  5. Kontak besonderhede – Selfoon nommer?

Op die spel is onder andere ’n slimfoon en ’n tablet.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 19 Mei 2017.

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels