Menu
 

Deur ALANI JANEKE
1 Februarie 2013

1972 keer gelees | 9 kommentaar

Die nuwe minimumloon wat vanaf 1 Maart 2013 geld, sal op Maandag 4 Februarie 2013 aangekondig word.


Die hoop bestaan dat die aankondiging van die nuwe minimumloon vir plaaswerkers die landbousektor in Wes-Kaap, maar ook landswyd, sal stabiliseer.

Luidens ’n berig in The Sowetan gaan me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, die nuwe loon op Maandag 4 Februarie 2013 aankondig. In ’n studie het die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) bevind boere sal ’n verhoging tot tussen R95 en R105 per dag vir seisoenale werkers kan bekostig, na gelang van die boer se belange. Die studie het ook bevind dat boere reeds ’n gemiddelde loon van R85 per dag betaal word.
 
Mnr. Anton Rabé, voorsitter van Agri SA se arbeidskomitee, sê hulle wil nie besiegel oor wat dié nuwe loon gaan wees nie. Aan die koerant het hy gesê die toestande verskil van plaas tot plaas. Sommige boere kan ’n loon bekostig wat ander nie kan bekostig nie.
 
Hoop
Rabé het aan Landbou.com gesê hopelik sal die aankondiging van die nuwe loon ’n mate van stabiliteit oor die kwessie tot gevolg hê.

“Ons is egter nie seker nie, want – soos wat ons al lank sê – dié saak gaan oor baie meer as net lone.” As die aankondiging stabiliteit bevorder, sal meer aandag aan die verskeie ander sake wat die kwessie aan die lig laat kom het – soos die bekostigbaarheid van arbeid – gegee kan word.
 
Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê die moontlikheid van stabiliteit sal bepaal word deur wat die loon uiteindelik is. “Dit gaan nie net oor die loonverhoging nie. Produksiekostes, en veral die koste van elektisiteit en brandstof, hardloop weg. Boere kry nie bygehou nie.”
 
Deelnemers aan die sogenoemde plaaswerkerstaking het ’n minimumloon van R150 per dag geëis. Die Food and Alllied Workers Union (FAWU) sê hulle hoop vir ’n verhoging van tot tussen R100 en R110 per dag.
 
Bron: Sowetan
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan Stander

2013/02/01 01:30:46 PM

Landbou in Suid Afrika moet wakker skrik. Die opstande het niks te doen met minimum lone nie, dit is polities van aard. Werklose plakkers massas (buitelanders en Oos Kapenare) is aangery om die regering se verskuilde agendas te propageer. Al betaal jy hierdie mense R200 per dag sal al hierdie geld in elk geval geinvesteer word in drankwinkels en nie in die opvoeding en welstand van hulle kinders nie. Elkeen van hulle kry buitendien staatstoelaes soos kinderpensioene. Die doel van die regering is in om die boer te verdruk tot op sy kniee sodat hy naderhand sy plaas weg gee vir n voorheen benadeelde wat niks weet van boer nie.


H. Coetzee

2013/02/01 02:27:59 PM

Wie betaal die boer R85 per dag? Dit kan help om kos op die tafel te bring. Kry 'n proefleser vir berigte as skrywers nie kan proefleesnie.


Kleinboer

2013/02/01 02:51:19 PM

Die staat dink 14000 by Anglo is baie wat sonder werk sit, wag maar as die minimum loon meer as R80 is dan voorspel ek dat honderde duisende seisonale en permanente plaaswerkers hulle werk gaan verloor, en nog meer afhanklikes sonder kos op die tafel sit. Boere gaan meganiseer, kom wat wil. Hoop hulle staan almal voor Tony van COSATU se deur en eis dat hy vir hulle werk gee. Watch this space.


abraham fredericks

2013/02/01 03:40:42 PM

ek stem saam met mnr stander die boere sit kos op ons tafels. nie die regering of vakbonde nie dit is pure politiek ek ken plaas lewe wa is die APARTHEID jare ek wil somer die horlosie terug draai .kaapstad.


johannes

2013/02/02 12:07:58 PM

wat gaan die stukwerk minimum loon wees en wat gaan gebeur as hy nie R95 per dag werd is nie ,omdat daar produksiekostes limiet is in die lanbou, wat gaan ons doen met die persone wat net R80 of R70 se werk doen?


mkruger

2013/02/03 09:14:20 AM

Minimum loon beteken - die minimum loon wat 'n werker betaal moet word om te kan leef. Nie 'n voorskrif van wat 'n werker betaal moet word nie en nie 'n "instrument" om stabiliteit te verseker nie. Lyk my sekere "mense" het reeds oorgegee en sal maar berus by wat die regering se. Wonder net of die regering sy toelaes en pensioene gaan aanpas of het plaaswerkers meer nodig om van te leef as ou mense ?


Kuyvenhoven

2013/02/03 05:05:42 PM

Die overheid moet besef dat jy speel nie met groot besigheid of met n groot boer nie, want teen die laag rentekoers in Zuid Afrika is dit maklik en goedkooper om te meganiseer.


Wes Kaap boertjie

2013/02/04 09:30:44 PM

Ek wil nou sien of ons lede gelde aan Agri Sa vir ons iets gaan beteken. Siende dat meer as die helfte van ons wyn se inkomste aan aksyns afgestaan word, gaan ons ou dooie unietjie veg vir staat hulp aan die boere om te help met lone, of gaan hulle maar net weer "diplomaties" optree en stil bly...


DaanDaan

2013/02/04 10:38:00 PM

Hierdie is die doodsklok vir klein, middel en opkomende boere. As ons praat van boere dan sluit ons in swart, wit en bruin mense Ons praat van voedsel produsente wie 'n lewensbestaan uit boerdery maak. Ons moet die deure maar sluit. Ons kan nie meer skuld aangaan en risikos loop nie. Grondbelastings is ingebring, besproeiingswater, diesel, elektrisiteit, bemesting en entstowwe het buite verhouding en skielik gestyg. Die regering en die argitekte van hierdie minimum loon bedrae het sonder nodige studies en navorsing hierdie plan afgekondig. Die impak sal binnekort begin wys wat is die eindproduk van hierdie argitekte. Dit het tyd geword dat hierdie argitekte ook volle aanspreeklikheid en verantwoordelikheid moet aanvaar as hierdie besluite sy nadraaie begin wys. Talle gesinne op plase wat insluit werkers en werkgewers afgesien van velkleur het reeds op die broodlyn oorleef. Die eerste stap in enige bedryf is afskaling en drastiese vermindering van werkers om die balanstaat te laat klop. Dit lyk of me. Olifant hierdie basiese begisels van finansiele oorlewing heeltemal geignoreer het. Dit het tyd geword dat ons bruin, wit en swart ons stem ook moet laat hoor wanneer dinge verkeerd gaan. Ons moet hierdie argitekte verantwoordelik hou vir hulle planne en implimenterings gemaak sonder navorsing. Hoekom bly ons swyg. Hierdie kits besluite gaan ook .kits katestrofes he

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.