22 Augustus 2012

581 keer gelees | 0 kommentaar

Die moordenaar van mnr. Eugène Terre’Blanche, voormalige hoof van die AWB, is lewenslank tronk toe gestuur.


Meer as twee jaar ná mnr. Eugène Terre’Blanche, voormalige hoof van die Afrikaner-Weerstandseweging (AWB), wreed in sy plaashuis vermoor is, is sy moordenaar lewenslank tronk toe gestuur.

Chris Mahlangu, wat ten tye van die voorval 28 jaar oud was, moet volgens regter John Horn 25 jaar tronkstraf uitdien voor hy om parool mag aansoek doen.

Luidens ’n berig op Nuus24.com het Horn gesê Mahlangu het ’n afskuwelike daad gepleeg en hy het ’n ‘‘gebrek aan respek vir ’n mens se lewe getoon.” Mahlangu is in Mei vanjaar aan moord skuldig bevind.

Medebeskuldigde
’n Medebeskuldigde, die 18-jarige mnr. Patrick Ndlovu, is terselfdertyd aan huisbraak skuldig bevind. Ndlovu was ten tye van die voorval minderjarig.

Luidens nóg ’n berig op Nuus24.com is Ndlovu op dié klag twee jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

Terre’Blanche is op Saterdag (3 April 2010) tussen 17:00 en 18:00, in sy huis op sy plaas buite Ventersdorp vermoor. Sy liggaam is op ’n bed in sy kamer gevind, en ’n panga en knopkierie het in die kamer gelê. Mahlangu en Ndlovu het hulself later aan die Polisie oorgegee.

Bronne: Nuus24.com 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights