Deur ALANI JANEKE
8 Junie 2012

697 keer gelees | 0 kommentaar

Geskiedenis is gemaak toe ’n kleinboer van Malawi as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbouverenigings (SACAU) verkies is.


Luidens ’n verklaring is mnr. Felix Jumbe, voorsitter van die Malawi-boerevereniging, wat op kleinboere fokus, tot dié amp verkies. Dit is die eerste keer in die 20-jarige bestaan van die organisasie wat ‘n kleinboer tot voorsitter verkies word.

Jumbe sê tydens sy termyn wil hy veral fokus op die volhoubaarheid van die boer op grondvlak. “Maak die boer geld uit wat hy of sy doen, want dít is wat saak maak en dit is wat ons organisasie sal uitbou.”

Organisasies en beleide
Volgens Jumbe wil hy ook fokus op die versterking van boere-organisasies in die 12 lidlande van SACAU. “Ons sal ook kyk na die volhoubaarheid van nasionale boereverenigings. As die nasionale organisasies nie in staat is om hulle lande se beleide te beïnvloed nie, sal dit nie vir SACAU moontlik wees om sy doelwitte vir die streek te breik nie.”

Mnr. Ishmael Sunga, hoof uitvoerende beampte van SACAU, sê Jumbe se verkiesing kan samewerking tussen kleinboere en kommersiële boere verbeter – wat een van sy organisasie se doelwitte is. Nóg ‘n doelwit vir die organisasie is om ‘n landboufonds – wat kleinboere kan help om hulself te vestig, na te vors en daar te stel.

Jumbe vervang mnr. Douglas Taylor-Freeme, voorsitter van die Commercial Farmers’ Union (CFU) van Zimbabwe.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights