deur NICO VAN BURICK
9 Oktober 2012

963 keer gelees | 0 kommentaar

Dr. Mulder sê boere moet op all vlakke hulle saak stel.


Daar is ANC-parlementslede wat mnr. Julius Malema, geskorste jeugleier, as ’n “fabrieksfout van die ANC” bestempel. Hy stem nie saam nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Hy het op die kongres gesê Malema is grootgemaak op onverantwoordelike en wilde politieke stellings deur die ANC – soos dat “alle grond deur wittes gesteel is” en “alle boere behandel hul werkers sleg”. “Daarom is Malema wat hy is.” Hy sê dit is ’n regering se verantwoordelikheid en taak om die regte feite op die tafel te sit en daarvolgens besluite te neem. “Talle besluite is egter bloot op propaganda gegrond en nie op feite nie.”

Boere moet deelneem aan gesprek.
Volgens Mulder moet boere voortgaan om hul saak op alle vlakke te stel. “Julle het ’n goeie saak. Stel dit aan die media, die Regering, die departement en selfs internasionaal.” Boere moet ook hul eie toekoms skep en nie wag op ander om dit te doen nie. Sonder kommersiële boere sal die land se probleme net groter word. Hy sê daar is verskeie lande in Afrika wat dit nou besef en Suid-Afrikaanse boere is ’n gesogte “invoerproduk”.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights