14 Augustus 2012

795 keer gelees | 0 kommentaar

’n Landboustudent van die UV en ’n plaaswerker het ernstige brandwonde opgedoen toe hulle in ’n veldbrand vasgekeer is.


Mnr. Pieta Hoffman, ’n derdejaarstudent by die landboudepartement aan die Universiteit van die Vrystaat, het Saterdag saam met sy pa, Sias, broer, Bennie, en ’n plaaswerker, mnr. Justice Benjula, veldbrande op die familie se plaas, Bulberg, probeer keer.
 
Pieta en Benjula het agter op sy pa se bakkie gery toe die brand hulle oorval het. Die hitte het die twee oorweldig en hulle het van die bakkie afgespring waarna Pieta geprobeer het om hulle albei nat te spuit.

Justice het uiteindelik in ’n krip vol water gespring. Albei mans is met tweedegraadse brandwonde in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem.
 
Brande het die naweek groot skade in dele van Suid-Afrika aangerig. In die distrik Dewetsdorp het bykans 65 000 ha veld afgebrand. Ten minste 155 400 ha veld het in die Vrystaat afgebrand.
 
Volgens Volksblad probeer die plaaslike boerevereniging ’n plan bewerkstelling om die nood met veevoer te verlig. Aanbiedinge van weiveld begin glo reeds inkom.
 
Bron: Volksblad
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights