deur ALANI JANEKE
11 Oktober 2012

1525 keer gelees | 1 kommentaar

Die landbou en Agri SA het nie ’n keuse om nie met die ANC en die Regering te praat nie - Mantashe.


“Agri SA het nie die opsie om weg te loop van samesprekings of om te besluit om nie met die staat samesprekings te hou nie. Sodoende gee julle julleself ’n luukse wat julle nie het nie.” Dit is die standpunt waarmee mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sy toespraak tydens Agri SA se jaarkongres in Johannesburg begin en afgesluit het.

Hy sê die Kamer van Mynwese het sedert die party se beleidskongres in Junie vanjaar reeds by vier geleenthede met die party gesels. “Agri SA moes in daardie tyd reeds vyf keer met ons ontmoet het oor die landbou en grondbeleid. Agri SA het ’n plig en verantwoordelikheid om namens boere te praat.”

Geslote deure
In reaksie daarop het verskeie verteenwoordigers gesê hulle probeer hulle bes om met die staat en departement te vergader, maar daar word óf nie op hul versoeke gereageer nie óf vergaderings word op kort kennisgewing gekanselleer. Mantashe se reaksie daarop was: “As ’n deur geslote is, moet dit oopgeskop word. En julle sal ons aan jul kant kry daarmee. As ’n staatsdepartement se deur geslote is, kom skop die ANC se deur oop dat ons daarmee kan help.”

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, het ook gereageer op Mantashe se stellings: “Julle (die ANC) het ook nie die luukse om weg te stap nie, ons het ’n gemeenskaplike doel.”

Grond
Wat grondhevorming betref, het Mantashe die gehoor gerusgestel dat die ANC nooit grondgrype sal steun nie en dat geen boer se grond gevat sal word sonder dat hy of sy daarvoor vergoed word nie. “Ons weet, die landbou gaan primêr oor voedselproduksie.”

Hy sê die party bly by sy standpunt dat die beginsel van vrywillige koper en vrywillige verkoper nie suksesvol is nie. Volgens Mantashe is een van die hoofredes daarvoor korrupsie onder staatsbeamptes, waarvolgens ’n kontrak vir ’n plaas aangegaan word vir byvoorbeeld R5 miljoen, terwyl die kontrak wat op die ou end by die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling uitkom’n bedrag van byvoorbeeld R12 miljoen daarop het. “Daardie R7 miljoen-verskil raak dan tussenin vermis.”

Volgens Mantashe meen hulle die voorgestelde grondwaardeerder-generaal is steeds die beste antwoord vir dié situasie. “Dit is op die ou end die boere wat daarop verloor met uitbetalings wat jare lank sloer.”

Mantashe sê hy is tans ’n opkomende boer en hy besef watter uitdagings boere mee te make het. Hy hoop om oor vyf jaar ’n lid van Agri SA te kan wees en om sy eie standpunte as boer by so ’n kongres te kan stel.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butchvan Blerk

2012/10/12 09:29:21 AM

dit sal mnr Mantashe se beste leermeester - wees bly self by die boerdery betrokke om te sien wat dit kos om te boer/voedsel te produseer

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights