Deur ALANI JANEKE
24 Augustus 2012

1053 keer gelees | 0 kommentaar

’n Marikana-situasie oor die land se grondkwessie is moontlik, “want dáárna kan enigiets gebeur,” meen ’n politieke kenner.


Die gebeure by Lonmin se myn by Marikana verlede week is in die breë ’n ongelukkige, maar harde voorbeeld van die diep verdeling wat onder Suid-Afrikaners bestaan. Dit is die mening van mnr. Harald Pakendorf, ’n politieke kenner.
 
Volgens berigte wat wêreldwyd die ronde gedoen het, is 34 mense doodgeskiet en 78 beseer toe stakende mynwerkers en die Polisie haaks geraak het. Die gebeure word wyd beskryf as die Marikana-slagting. Die werkers staak al vir weke aaneen weens ’n loongeskil.
 
Grond
Op ’n vraag of Pakendorf meen só ’n situasie kan voorkom rakende die voortslepende grondkwessie in die land, het hy geantwoord: “In daai opsig (die gebeure by Marikana) kan ek nie sê enigiets is onmoontlik nie.”
 
Pakendorf meen verder die gebeure kan ’n aanduiding wees dat ’n geleidelike oorgang van die ANC as ’n leiersparty en na ’n ander party as leier van die land geweldadig kan wees.
 
Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, meen as so ’n situasie sou voorkom, sal dit nie noodwendig wees tussen die partye wat grond wil hê en die partye wat grond besit nie. “Dit kan verskil van die Marikana-gebeure deurdat dit nie die grondloses teenoor die grondbesitters sal wees nie, maar dat dit teen die instansie wat dit hanteer sal wees.”
 
“Die mense wat grond soek en die mense wat grond besit en te koop aanbied, is albei keelvol vir die staat en die gesloer met grondhervorming,” vertel De Jager. Hy grond sy mening op die standpunte van die politieke ontleders, mnre. Jan du Plessis en Theo Venter.
 
Emosie
De Jager sê Du Plessis bevraagteken veral die emosie wat agter die grondkwessie en die besit van grond lê. “Die grondding word baie meer met die mond as met die voet gedryf.” Hy sê dit is wel duidelik dat mense grond wil besit om op te woon, en dat ’n paar begunstigdes wil boer.
 
Verder verwys hy na ’n standpunt van Venter wat al gevra het hoekom daar nie in Suid-Afrika opstande was oor grond soos in El Salvador of Mexiko nie. De Jager sê daar is genoeg grond in die land beskikbaar, die probleem lê by die gesloer met die herverdeling daarvan.

Nóg ’n situasie wat volgens De Jager tot opstand kan lei, is die gebrekkige ondersteuning wat aan begunstigdes gegee word nadat die grond aan hul oorgedra is. “Baie van daai mense is bankrot, en kry nie die staat se beloofde steun nie.”
 
Die toekenning van grond deur die staat aan een gemeenskap, terwyl ’n ander gemeenskap ’n grondeis op die grond ingestel het, kan volgens De Jager ook ’n plofbare situasie veroorsaak. Hy sê dit het al gebeur dat ’n gemeenskap ’n eis instel, intussen begin werk op die grond, en as die oes reg is, word dit aan ’n ander gemeenskap toegeken wat die oes vir hulleself toe-eien.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights