Deur ALANI JANEKE
25 Julie 2012

529 keer gelees | 1 kommentaar

Pres. Jacob Zuma se Masibambisane Landelike Ontwikkelingsinisiatief bemagtig nie gemeenskappe nie, aldus die DA.


Ná die Demokratiese Alliansie (DA) die afgelope naweek ’n oesdaggeleentheid van die Masibambisane Landelike Ontwikkelingsinisiatief bygewoon het, wil die party weet of dit gemeenskappe werklik bemagtig.

Me. Annette Steyn, die party se woordvoerder vir landbou, sê die volhoubare ekonomiese voordeel van die inisiatief behoort duidelik gemaak te word.
 
“Daar is nie ’n greintjie bewyse wat dit duidelik maak dat die inisiatief landelike gemeenskappe werklik op ’n volhoubare manier bemagtig nie. Van wat ek gesien het, is dit bloot ’n uitdeelskema wat Pres. Zuma gebruik om steun te kry in die provinsie waar hy die meeste teenstand kry,” aldus Steyn.
 
Op grond van dié stellings het Steyn vrae in die parlement aan me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye gestuur.
 
Kantlyn
Steyn het Sondag (23 Julie 2012) ’n oesdag by die Ncora-besproeiingskema bygewoon. Sy sê regeringsbeamptes het glo die mielies op die landerye geoes terwyl die gemeenskap moes toekyk.
 
Die mielies wat geoes is, is glo deur die staat op kommunale grond geplant, en daar word beoog om 20% van die geld wat die oes inbring, aan die gemeenskap te gee. Die oorblywende 80% sal verkoop word deur die staat vir geld om in volgende jaar se aanplantings te belê.
 
“Dit is ’n vinnige en doeltreffende manier om stemme voor Mangaung te wen, nie ’n opregte poging om te bemagtig nie,” aldus Steyn.
 
Benewens die vrae wat Steyn in die parlement gevra het, is sy ook van plan om vir ’n mosie te vra vir ’n dringende debat oor die hervorming van grondbesit in die voormalige tuislande. “Die DA stel voor dat die titelakte van die grond aan die gemeenskappe gegee moet word.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dave

2012/07/30 07:40:06 PM

Kom kyk hoe word geld gemors deur die staat in die Laeveld van Mpumalanga Hier word droeland mielies bone en aartappels geplant met min of geen suksesse nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights