Deur ALANI JANEKE
16 Augustus 2012

464 keer gelees | 0 kommentaar

Die Masibambisane Landelike Ontwikkelingsinisiatief word deur landbou-organisasies verwelkom.


Verskeie landbou-organisasies het hul steun aan die Masibambisane Landelike Ontwikkelingsinisiatief toegesê. Dít volg nadat me. Tina Joemat-Petersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ’n vergadering oor die inisiatief belê het.

Organisasies wat die vergadering bygewoon het, het Agri SA, die Verenigde Suid-Afrikaanse Landbou-vereniging (USAAA), die Afrika Boere-vereniging van Suid-Afrika (Afasa), die Suid-Afrikaanse Landbou-akademie en die Nasionale Afrika Boere-vereniging van Suid-Afrika (Nafu-SA) ingesluit.

Die Industrial Development Corporation (IDC), die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (IDT) en die Verbruikerswateraad van Suid-Afrika (CGCSA) het ook aan die vergadering deelgeneem.

“Al die partye het sonder voorbehoud en onwrikbaar hul steun aan die projek toegesê,” lui ’n verklaring van die departement. Die projek fokus op die ontwikkeling van landelike gemeenskappe deur die ontwikkeling van infrastruktuur, die ontwikkeling en oordrag van vaardighede asook deur grond en markte aan kleinboere beskikbaar te stel.

Reaksie
Agri SA het tydens die vergadering opgemerk dat dit die inisiatief sien as ’n goeie geleentheid om kommersiële boere en kleinboere te verbind. “Die vennootskap sal marktoegang aan klein produsente vermeerder, maar dit sal ook bydra tot die mentorskap en oordra van vaardigheid tussen kommersiële en kleinboere,” sê mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder.

Volgens Maree wil Agri SA en sy affiliate bydra tot die projek en sien die organisasie uit na die toepassing daarvan in ander provinsies.

Ander organisasies het gewys op die gunstige aspekte van die inisiatief en die feit dat dit die kleinboersektor op die voorgrond kan plaas.

Die TLU SA kon nie die vergadering bywoon nie.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights