Deur ALANI JANEKE
17 Julie 2012

611 keer gelees | 0 kommentaar

Ná Dairy Belle ’n drastiese melkprysverlaging aangekondig het, het net twee melkkopers nié hul pryse verlaag nie, sê die MPO.


“Van al die groot melkkopers in die land het net Woodlands Dairy en Nestlé nie hul melkpryse die afgelope paar weke aan produsente verlaag nie,” vertel mnr. Dean Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Die onlangse dalings wissel tussen 20c en 30c per liter. Dié verlagings volg op verlagings van tussen 50c en 75c per liter wat verlede maand deur Dairy Belle aangekondig is.
 
Kleynhans sê melkboere kan nie tans verlagings bekostig nie, aangesien die bedryf pas herstel het van ’n afwaartse siklus wat die afgelope drie jaar voorgekom het. “Dis net chaoties. Ons raak net nie van die wisselvalligheid in die bedryf ontslae nie, en dié wisselvalligheid word veroorsaak deur opportunisme!”
 
Volgens ’n verklaring sê Kleynhans die prysverlagings wat nou ingestel word, is kontraksilies en strook nie met markneigings nie. “Melkkopers word gewys op die nadelige uitwerking van soortgelyke ongunstige prysseine in die verlede en die hoë koste om melkvoorsiening reg te stel ná sulke drastiese prysverlagings.”
 
Invoer
Die MPO sê groot hoeveelhede suiwelprodukte, veral kaas, is die afgelope drie maande deur van die grootste kopers ingevoer. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se amptelike statistiek is in dié tyd sowat 3 600 ton Cheddarkaas en ses miljoen liter langlewemelk ingevoer - die meeste daarvan na bewering deur melkkopers.
 
In ’n onderhoud met Landbou.com het Kleynhans daarop gewys dat die prysverlagings ’n gevolg is van dié invoer. Dié invoer is op sy beurt ’n gevolg van laer pryse in Europa en Amerika, wat deur ’n sterker rand ondersteun word.
 
‘Voedselonsekerheid’
“Wat gebeur as die rand net weer begin versterk, of die olieprys styg, en daardie ekonomië beter begin vaar? Dan is invoerpariteit weer op en moet invoer weer afneem. En dan het nóg meer produsente die bedryf verlaat en sit ons met suiwelverwante voedselonsekerheid in die land!”
 
Volgens Kleynhans staan die prys wat melkboere oor die algemeen per liter melk kry, tans op sowat R3,50. Met ’n mielieprys wat Maandag (16 Julie 2012) R3 200 per ton gehaal het en gevolglik voerpryse beïnvloed, sê Kleynhans kan minder en minder produsente oorleef.
 
Sowat 2 300 melkprodusente is in die land oor. “Ek het vanoggend (Dinsdag, 17 Julie 2012) weer oproepe van boere gehad wat gesê het hulle gaan nie eers probeer met die nuwe pryse nie – hulle moet die bedryf verlaat,” vertel Kleynhans.
 
Die organisasie rig ’n dringende versoek aan melkkopers om produsentepryse verantwoordelik te bestuur.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights