Deur ALANI JANEKE
18 Julie 2012

1573 keer gelees | 4 kommentaar

Terwyl die wêreld oud-president Nelson Mandela se 94ste verjaardag vier, is ’n melkboer ’n dag voor sy 64ste verjaardag deur aanvallers geskiet.


In die week wat die wêreld hulde bring aan oud-president Nelson Mandela, wie se 94ste verjaardag Woensdag (18 Julie 2012) gevier word, is ’n melkboer van Bronkhorstspruit ’n dag voor sy 64ste verjaardag in ’n plaasaanval geskiet.

Net ’n selfoon word vermis ná mnr. Hibbe van der Veen deur drie mans aangeval is. Hy word tans in ’n hospitaal in Pretoria behandel ná hy ernstige beserings aan sy ingewande opgedoen het.

Van der Veen is een keer geskiet. Die koeël het by sy buik ingegaan en by sy boud uitgekom. Volgens ’n berig in Beeld was sy toestand Dinsdagaand (17 Julie 2012) bestendig.

Voorval
Die voorval het Maandagnag (16 Julie 2012) plaasgevind. Die verdagtes het Van der Veen se kamer binnegekom deur ’n reuse-boomstomp deur die venster te gooi. Mnr. Rudolf van der Veen, sy seun, sê hy weet nie of sy pa in die bed geskiet is nie, maar sy pa het wel vir hom gesê hy het met die aanvallers gestoei.

“ Vir my pa was dit nie ’n kwessie van of dit gaan gebeur nie, maar eerder wanneer dit gaan gebeur, want dit is deesdae hoe die wêreld is. Boere is maklike teikens,” sê Rudolf. Hy sê sy pa is ’n sterk man “wat Bismarck du Plessis sal skrum.” Van der Veen melk elke oggend sy 20 koeie self.

Hulp met kamerdeur
Mnr. Jurie Smit, Van der Veen se 65-jarige neef, het wakker geword van ’n geraas wat uit Van der Veen se kamer gekom het. Van der Veen woon saam met Smit en sy vrou, Bettie.

Toe hy Van der Veen se kamerdeur oopmaak, het hy in ’n geweer se loop vasgekyk. Smit is terug na sy kamer waar hy ’n skoot afgevuur het. Een van die aanvallers is vermoedelik gewond voor hulle op die vlug geslaan het.

Smit moes glo sy buurman bel en vra om hom te help om Van der Veen se kamerdeur oop te forseer, omdat Van der Veen voor die deur inmekaar gesak het. Die verdagtes word gesoek.

Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/07/18 06:11:51 PM

Dit is presies hoe dit in die land gaan, die boere word geskiet en die ANC hou party.


MELK PRODUSENT

2012/07/18 09:02:04 PM

Is die kool die sous werd, of is ons lewens minder as R3.64 /l werd.


Stoffel

2012/07/20 01:43:20 PM

Die prys wat ons nou betaal om die evangelie en tegnologie na Suid Afrika toe te bring, word nou te duur.


WILLIE

2012/08/02 12:05:30 AM

Man,as daai d-ner- net kaalhand kan kom,is dit n ander storie!!!Kry ek hom vasgedruk,versuip ek hom binne n kan vrot varkmelk.Die varke sal daarna nie daardie snotmelk wil drink nie!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights