Deur JOHAN COETSEE
15 Augustus 2011

1400 keer gelees | 5 kommentaar

Min melkboere kom met planne en voorstelle oor hul benarde situasie: Van hulle sit net, het die voorsitter van die MPO op ‘n melk-inligtingsdag gesê.


Hy wag vir dinamika onder melkboere om met planne en voorstelle vorendag te kom, maar daar is bitter min van hulle. “Boere sit net,” het mnr. Deàn Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO), op ‘n melk-inligtingsdag op Witsand gesê.

Kleynhans het dit duidelik gestel dat hy meer dinamika in die geledere van die melkboere verwag het. Melkboere se aandeel in die verbruikersrand het in die laaste 12 jaar vanaf 43% tot 34% gedaal. Dit veroorsaak die uittog en dit maak die bedryf seer.

Produsente moet ingestel wees om nie net op produksie te fokus nie, maar op die totale waardeketting van sy produk. Die ongeluk is dat baie boere min of niks van dié waardeketting verstaan nie. “En jy kan nie sinvol onderhandel as jy nie verstaan hoe dit werk nie,” het hy gesê.

Kleynhans het ook ’n beroep op produsente gedoen om meer saam te werk en aan te pas by die bemarking van hul produkte. Hy het produsente gevra om beter planne te beraam. Betrek kundiges indien nodig, maar kry net planne bymekaar.

Mnr. Gielie de Kock, organiseerder van die verrigtinge, het gesê boere in die suidelike deel van die Wes-Kaap het vier opsies, naamlik om aan te gaan soos nou en aan te hou agteruitboer, om by klein suiwelverwerkersfabrieke in te koop en aan hulle te lewer, om hul eie verwerkingsaanleg van die grond af te begin, of om die verwerkingsreus, Parmalat “oor te neem”.

15 Augustus 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Verwarde Melkboer

2011/08/16 08:00:03 PM

Die berig is nogal "insiggewend'. Ek was onder die indruk die MPO verteenwoordig ons as melkboere, maar nou hoor ek ons sit net. Nou wat het die MPO al vir ons gedoen. As ons sit, dan lê die MPO. Ons as boere moet nou maar opstaan en die MPO vol van "ons" boere maak, wat vir ons kan opstaan.


dapperdaan

2011/08/15 09:07:00 PM

Planne en voorstelle is niks om te voorsien nie, maar die geld om dit tot uitvoer te bring is nie volop nie en ja, die MPO is glad te hand om die lyf met groot verwerkers want "big business" se advertensiegeld en borgskappe betaal die manne se salarisse. Ongelukkig het die tyd en duur brandstof die mense wat uit die sak melk en nie van wat die natuur op sy plaas voorsien af produseer nie, nou ingehaal. Verder word ouens wat minder as 150 koeie melk mos as onekonomiese eenhede afgemaak terwyl daar verkondig word boere moet diversiviseer. Vir blou jare het hierdie klein ouens hope werk geskep en gesorg dat daar altyd genoeg melk was sonder om so te oorproduseer soos wat nou die geval is met die sogenaamde "large herds" wat onse MPO maar te fluks help skep het. Daars net een manier om die ouens in die bek te ruk en dit is produseer minder maar meer ekonomies en laat hulle kyk of hulle genoeg melk op die lang duur kan invoer om hul fabrieke oop te hou.


Onbekende besoekerBen van Niekerk

2011/08/15 10:57:00 AM

Die probleem is heelwat groter as net verlaagde pryse en verhoogde kostes, sodra ons begin kop optel word goedkoop suiwelprodukte ingevoer. Die hele suiwelbedryf raak moeilik, silwer wolkies is maar min.


Vrystaat melkboer

2011/08/15 10:50:00 AM

Stem saam met Hennie, die probleem is ook die groothandelwinkels wat dink melk is 'n goedkoop produk om die huisvrou te trek, hulle besluit wat die prys moet wees.


HENNIE ALBERTS

2011/08/15 09:07:50 AM

Die MPO het self ook maar weinig gedoen om die melkboere se geldelike posisie te verbeter. Hoe kan enige melkboer sinvol beplan as sy prys aanhoudend verlaag word en sy kostes aanhoudend styg. Die prys by die afset punt daal egter nie. Die voorsitter van die MPO moet self weer begin kyk na die kleiner melkboere wat dood gedruk is deur die melk kopers omdat hulle nie die groot volumes kon lewer nie. Dis tyd dat die MPO weer 'n diens soos die vorige varsmelk produsente vereniging begin lewer en van die 'bandwagon' waarop hulle saam met die melkkopers ry, afklim. Die melkkopers behoort ook 'n ontleding van hulle kostes te gee saam net die melkboere se koste ontleding wat dan interresant sal wees hoe hulle by hulle pryse uitkom.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights