5 Julie 2012

442 keer gelees | 0 kommentaar

Melkproduksie styg steeds met Suid-Afrika se totale produksie vir Mei vanjaar wat 5,6% hoër is as dié vir Mei verlede jaar, sê die Melkprodusente-organisasie.


Hoër melkproduksie is vir dié jaar voorspel en tot dusver voldoen Suid-Afrika se produsente aan dié verwagting. Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê produksie vir Mei vanjaar was 5,6% hoër as produksie in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Totale produksie vir die eerste vier maande van die jaar is ook 3,6% hoër as melkproduksie in die eerste vier maande van verlede jaar. Luidens ’n verklaring verwag die MPO dat dié hoër produksie deur die plaaslike en internasionale toename in vraag geabsorbeer sal word.

Die toename in uitvoer wat in die eerste kwartaal van die jaar aangeteken is, het gedurende Mei voortgeduur. Hoër invoer is gedurende Mei aangeteken, wat die melk-ekwivalentbasis tussen uitvoer en invoer vir die jaar tot dusver in balans gebring het.

Ongunstige impak
Die organisasie verwag dat verskeie faktore produksiegroei gedurende die res van van die jaar kan benadeel. Dié faktore sluit hoër proteïenpryse en gevolglik hoër voerpryse en stygings in brandstof-, kunsmis- en masjineriepryse in. Die MPO se indeks vir melkplaas-produksiekoste het tussen Januarie verlede jaar en Januarie vanjaar ’n 15%-styging aangeteken.

Laer produksie internasionaal het gelei tot laer produsentepryse wêreldwyd. ’n Bykomende faktor is die warm weer in Amerika en die laer as verwagte produksiegroei in die Oseanië-streek. Verwagtinge bestaan dat produsentepryse nou die laagste vlakke bereik het en in komende maande moontlik kan styg.

Intussen bly langtermyn-verwagtinge wêreldwyd goed, met die groeiende vraag in Asië wat die daling in vraag in ontwikkelde lande sal uitkanselleer. In Suid-Afrika het melkproduksie verlede maand sy laagste vlak nóg dié jaar bereik, en ’n opwaartse fase word voorspel.

“’n Geleidelike toename in vraag sal druk plaas op die suiwelvoorraad terwyl hoë produksiekoste groei sal beperk,” lui die verklaring.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights