Ná drie gevalle van plaasgeweld die afgelope week die land geruk het, het AfriForum sy navorsingspan opdrag gegee om 100 lande en internasionale organisasies te identifiseer om ’n griefskrif oor plaasmoorde te ontvang.
Met dié stap hoop die organisasie om die werklikheid van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring.
Luidens ’n verklaring volg dié stap
op die moorde van mnr.
Owen Charles en me.
Ronel van Eck die afgelope week. Charles se vrou is in ’n voorval Sondagaand (12 Augustus 2012) ernstig beseer.
Van Eck is Maandagoggend (13 Augustus 2012, by haar plaashek doodgeskiet. In ’n derde voorval is mnr. Allen Rodgers, ’n Amerikaanse plaasbestuurder, op die plaas Geluk naby Ladybrand ernstig met kapmesse beseer.
KriteriaDie organisasie sê hy sal op spesifiek twee kriteria fokus met die opstel van die lys van moontlike ontvangers van die griefskrif:
1. Lande en organisasies wat waarskynlik nog nie van die probleem nie bewus is.
2. Lande en organisasies wat diplomatieke druk op die Suid-Afrikaanse regering kan plaas om daadwerklik op te tree oor plaasmoorde.
Staat is ‘oneerlik’Mnr. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van
AfriForum, sê die staat is “oneerlik met sy burgers.” Dié stelling is daarop gegrond dat kommando’s in 2003 ontbind is met beloftes dat alternatiewe strukture op die been gebring sou word, maar dit het nog nie gebeur nie.
“Die Regering weier om plaasmoorde in besonder tot prioriteitsmisdaad te verklaar omdat dit volgens hom bloot as deel van die breër moordkategorie beskou moet word, terwyl die diefstal van koperkabels, stropery van renosters, geweld teen vroue en kinders en transitorooftogte reeds sonder veel moeite deur die Regering geprioritiseer is,” aldus Roets.
Volgens Roets moet die Regering verantwoordelikheid vir die aanvalle en moorde aanvaar solank as wat die belofte van 2003 nie nagekom word nie.