Deur ALANI JANEKE
24 Julie 2012

737 keer gelees | 0 kommentaar

Terwyl die wêreld asem ophou oor die droogte en gevolglik lae mielie-oes in Amerika, is Suid-Afrika se mielie-oesskatting weer verlaag.


’n Mielie-oesskatting wat aanvanklik 13% groter as verlede jaar s’n was, is die derde agtereenvolgende keer verlaag.

In sy jongste verslag voorspel die Oesskattingskomitee dat die mielie-oes op sowat 10,837 miljoen ton te staan sal kom. Dít is 2% laer as die vorige skatting. In Februarie is verwag dat die oes 11,705 miljoen ton sou wees, maar sedert Mei is die oesverwagting verlaag.
 
Die Oesskattingskomitee sê na raming was die oppervlak onder mielies 2,699 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,01 ton per ha is.
 
Sojabone en sonneblomsaad
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd op 527 110 ton gelaat. Die oppervlakteskatting vir dié gewas is 453 350 ha, met ’n verwagte opbrengs van 1,16 ton per ha.
 
Die sojaboon-oesskatting is ook verlaag. Dié oes sal na verwagting 655 700 ton wees, wat 17 850 ton minder as die vorige skatting is. Die opbrengs word op 1,39 ton per ha geskat.
 
Koring
Intussen het die komitee se voorlopige verslag oor koringaanplantings bevind dat sowat 58 000 ha, oftewel 9,6%, minder hektare koring aangeplant gaan word. Dit bring die land se koringaanplantings op die laagste vlak sedert die vroeë 1930’s. Sowat 546 700 ha is na verwagting met koring beplant.
 
Die aantal hektare wat in die Wes-Kaap aangeplant is, is op 267 000 ha geskat, wat 2 000 ha meer is as in die ooreenstemmende tydperk in 2011.

Die Vrystaatse aanplantings word op 170 000 ha geskat, wat ’n verlaging van 55 000 ha teenoor die vorige seisoen verteenwoordig. Die oppervlakte beplant met koring in die Noord-Kaap is onveranderd op 42 000 ha gelaat.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights