Deur ALANI JANEKE
13 Julie 2012

1461 keer gelees | 0 kommentaar

Erge droogtetoestande knou Amerika se mielie-oes en die oesverwagtinge is sowat 46,2 miljoen ton laer.


Met gebeure wat as skrikwekkend vir die wêreld se voedselsekerheid beskryf word, het Amerika ’n 12%-verlaging in sy verwagte mielie-oes vir 2012/’13aangekondig, sê Graan SA.

Volgens die Amerikaanse departement van landbou se skattingsverslag oor die wêreld se landbouvoorraad en -vraag wat Woensdag (11 Julie 2012) bekend gemaak is, is dié land se skatting vir die mielie-oes met sowat 46,2 miljoen ton afwaarts aangepas.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, sê dié verlaging is goeie nuus vir Suid-Afrikaanse boere wat mieliepryse betref. “Soos ek uit verskeie media-oorde verstaan, is dít nog nie die laaste van die dalings nie. Dit wil voorkom of die droogte se skade gaan verdiep.”

“Volgens berigte in Amerika ondervind sowat 56% van dié land se landbougebied ernstige of redelik ernstige droogtes,” aldus Steytler.

Wêreldvoorraad
Intussen berig Reuters dat Amerika se landboudepartement sy skatting vir die wêreld se mielievoorraad met 14% verlaag het. Volgens die departement verteenwoordig dít ’n verlaging van 47,6 miljoen ton, wat grootliks aan die drastiese daling in Amerika se voorrade toegeskryf kan word.

Volgens die verslag is dié daling teengewerk deur ’n verhoging van 1,3 miljoen ton in die Europese Unie se verwagte mielie-oes. Kanada se verwagte mielie-oes is ook met 0,4 miljoen ton opwaarts aangepas.

“Suid-Afrika sal dié situasie mooi moet dophou en toesien dat ons in staat is om genoeg voedsel vir die land te produseer,” aldus Steytler.

Veebedrywe
Volgens Reuters sê mnr. Chris Hurt, landbou-ekonoom aan die Universiteit van Purdue in Amerika, dié situasie kan tot hoë veevoerpryse lei.

“Die onmiddellike vooruitsigte is dat produsente van gewasse die finansiële verliese sal moet dra, maar verliese in veebedrywe gaan in die komende jaar enorm wees. Dit kan selfs groter wees as vir die gewasbedrywe,” aldus Hurt.

Bronne: Die verslag en Reuters


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights