Deur ALANI JANEKE
2 November 2012

583 keer gelees | 0 kommentaar

Die skade wat boere in Gauteng twee naweke gelede weens erge haelstorms gely het, word op R4 miljoen geskat.


Verwoestende haelstorms met hael tot so groot soos golfballe, wat twee weke gelede in dele van Gauteng voorgekom het, het meestal groenteboere hard geslaan. Vier plase het in die besonder groot skade gely, nl. Plantation Farms, Costa Farms, Goncalves Farms en die De Freitas-boerdery .
 
Die plase se aanvanklike skadebepalings is op sowat R1,45 miljoen bereken, met sowat R500 000 van dié skade by Plantation Farms, terwyl Costa Farms en Goncalves Farms se skade elk op R400 000 beraam is. Mnr. Dirk Hanekom, hoof uitvoerende bestuurder van Agri Gauteng (Agri GP), sê deeglike opnames wys dat die skade op dié plase asook elders in die provinsie sowat R4 miljoen is.
 
Hulp
Hanekom sê hulle het die betrokke boere gevra vir ’n deeglike opname van al hul skade sodat die organisasie namens hulle by verskaffers van produksiemiddele om hulp vir saad en kunsmis aansoek kan doen. “Ons het die boere gevra om hul skade te konsolideer, want al kan ons nie om ramphulp aansoek doen nie, kan ons wel vir hulp vra.”
 
Verskeie boere in die provinsie het al mielies aangeplant, maar Hanekom sê dié plantjies is jonk, en mielieboere het min skade gely.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights