Deur ALANI JANEKE
27 Junie 2012

324 keer gelees | 1 kommentaar

Die stryd teen renosterstropery het ’n welkome hupstoot van R25 miljoen gekry om Suid-Afrika se forensiese vermoë teen misdade in die wildbedryf te verbeter.


Finansiering van sowat R25 miljoen wat deur die Raad van Globale Omgewingsfasiliteite (GEF) vir die stryd teen renosterstropery aan Suid-Afrika toegeken is, is deur die Departement van Omgewingsake verwelkom.

Dié geld moet spesifiek aangewend word om die land se forensiese vermoë teen misdade in die wildbedryf te versterk.

Luidens ’n verklaring sal dit ook gebruik word om die handel in renosterhoring op internasionale markte te bekamp. Suid-Afrika se renosterbevolking word as die laaste oorblywende hoop vir die wêreld se renosterbevolking beskryf. Sowat 93%, of 22 000, van die wêreld se renosters is in Suid-Afrika, wat die land baie kwesbaar maak.

DNS-ontleding
Met die vordering wat in die veld van DNS-ontledings gemaak is, kan dié ontledings al hoe meer gebruik word in wetlike kwessies oor misdade in die wildbedryf. Die departement sê hy is in die proses om ’n memorandum van samewerking met die Universiteit van Pretoria oor DNS-ontleding te onderteken.

Die memorandum sal samewerking met ontleding en die norme en standaarde vir die merk van renosterhorings insluit. Dít volg sowat twee maande ná die staat hersiende norme en standaarde vir die neem van monsters vir DNS-ontleding in die Staatskoerant gepubliseer het.

Dié norme en standaarde spesifiseer ook dat DNS-monsters geneem moet word van die renoster wat gejag is en die trofee se horing, sodat die wettigheid van die jagtog bewys kan word.

Intussen berei ’n afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Regering homself voor om binnekort Hongkong te besoek, waar hulle monsters sal neem van die horings wat op 14 November verlede jaar op ’n lughawe onderskep is. Altesaam 33 of 86,54kg se renosterhoring en verwerkte ivoor van 23,42kg is gevind. Dié stappe kan moontlik tot verdere inhegtenisnemings lei.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/06/27 05:47:10 PM

Dis sulke goeie nuus - mens hoop dat dit suksesvol sal uitwerk

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights