Deur ALANI JANEKE
7 Augustus 2012

720 keer gelees | 0 kommentaar

Minder brande het verlede maand in die Vrystaat voorgekom as wat in dieselfde maand verlede jaar die geval was.


Minder brande is in Julie vanjaar aangemeld as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Mnr. Malcolm Procter, adjunkdirekteur van bos- en veldbrandtoesig by die Vrystaatse departement van landbou, sê tot dusver die winter het 10 000 ha in die provinsie afgebrand. In Julie verlede jaar was dié syfer 110 000 ha.
 
Die afgelope naweek het sowat 20 brande wat deur weerlig veroorsaak is. Procter sê die brande het nie groot skade aangerig nie en hy is nie bewus van enige veeverliese wat voorgekom het nie.
 
Hy sê hulle vermoed die natter toestande in sekere dele van die provinsie het die afname tot gevolg gehad, maar hy sê dit wil voorkom of mense meer bedag is daarop om brande te voorkom. Drie brande, waarvan die oorsprong onseker is, het wel daartoe gelei dat 3 000 ha naby Dewetsdorp in die slag gebly het.
 
Vullishope
Verskeie van verlede jaar se brande het by munisipale vullishope ontstaan. Procter sê hulle het baie streng teenoor die munisipaliteite opgetree. “Dit is opmerklik dat nog geen brande wat by vullishope ontstaan het, vanjaar voorgekom het nie.”
 
“Ons verwag dat die voorkoms van brande by taxi-staanplekke en kruisings in die komende weke kan toeneem,” aldus Procter. Dié brande is gewoonlik ’n gevolg van mense wat op vervoer wag en wat vure langs die pad maak om warm te bly, wat dan tot wegholveldbrande kan lei.
 
Sowat 257 000 ha het verlede jaar weens brande in die provinsie in die slag gebly.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights