Deur ALANI JANEKE
12 Oktober 2012

932 keer gelees | 0 kommentaar

’n Uitdagende tyd lê vir boere in Zimbabwe voor in aanloop tot die komende verkiesing, sê die CFU.


Boere in Suid-Afrika moet die feit dat hulle met die Regering kan skakel en kan praat waardeer, sê die Commercial Farmers' Union (CFU).

Mnr. Hendrik Olivier, direkteur, sê vir die afgelope 12 jaar het hulle nie dié geleentheid gehad nie. Hy het ’n groeteboodskap van dié organisasie aan afgevaardigdes by Agri SA se jaarkongres oorgedra.

Volgens Olivier is hulle egter meer positief oor die veranderinge wat hulle die afgelope tyd ervaar. “Stadig maar seker gaan die deure weer oop, ons kan weer skakel en ons gaan ook begin deure afskop om terugvoer te kry.”

Grondgrype gaan steeds voort
Olivier sê intussen gaan grondgrype steeds voort in die buurland, en hy verwag nie dat dinge voor die einde van die jaar makliker gaan raak nie. “Ons gaan vir die volgende sewe maande deur ’n moeilike tyd gaan met die verkiesing wat voorlê, maar ons hoop dinge gaan volgende jaar draai.”

Intussen gesels die CFU met die Zimbabwese regering om die landbou na sy voormalige glorie te herstel. Olivier sê hulle het reeds gunstige terugvoer van die regering oor die plan ontvang.

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights