Deur SUSAN BOTES
12 Oktober 2012

740 keer gelees | 1 kommentaar

Verskaffers kan nuwe boere doodwurg deur lank te sloer met betalings vir produkte, sê 'n bekende sakeman.


Verskaffers moenie ontluikende boere doodwurg met laat betalings nie sê mnr. Jabu Mabuza, voorsitter van Besigheidseenheid SA (BUSA).

Mabuza het op Agri SA se kongres in Muldersdrift gesê dat 'n boer, wat nog nie stewige kapitaalreserwes het nie, se besigheid sal sink as verskaffers 90 dae, of selfs langer neem om vir dienste gelewer te betaal.

Dis juis oor dié rede dat landswye stakings, wat die afgelope paar weke hoogty gevier het, so 'n dodelike invloed op Suid-Afrika se landbou kan hê.

"Daar is geen ander sektor wat die invloed van insetkoste (wat toeneem as gevolg van stakings) só voel soos die landbou nie."

Buiten dat die vervoerstakings die koste van produksiemiddele verhoog, kan dit ook 'n ongunstige invloed op boere hê wat moet ploeg of plant. "Boere het nie die luukse om te staak nie, want julle moet op spesifieke tye ploeg of plant. Tog kan dié stakings julle baie seermaak."

Werkers in landbou
Mabuza waarsku dat die mynstakings na die landbou kan oorspoel. " 'n Mynbaas kan in 'n helikopter spring en wegvlieg. Plaaseienaars het nie daardie luukse nie. Julle bly by julle werksmense. Julle kan nie van mekaar af weghardloop nie."

'n Pprsepsie bestaan dat plaaswerkers van die kwesbaarste werkers in die land is, sê Mabuza. "Werkgewers moet onthou dat dit net een vrot aartappel verg om die hele sakkie sleg te maak." Dit is om dié rede dat boere mekaar verantwoordbaar moet hou en moet sorg dat hul medeboere ook goeie arbeidsverhoudinge sal koester. Boere moet 'n bietjie nadink oor hul hantering van hul werkers. "Vra jouself af of jy die tipe leier is wat jy self voor sou wou werk en wil volg."

Daadlose woorde
Mabuza sê daar is nie op die oomblik 'n beleidsdokument in Suid-Afrika wat nié die belangrikheid van die landbou rondom werkskepping en voedselsekerheid misken nie.

"Die probleem is egter dat dié dokumente nie met die nodige praktiese staatsteun gepaardgaan nie. En dít minag uiteindelik die hele kwessie," sê Mabuza.

Mabuza het die vele bystandsprogramme vir ontwikkelende boere, wat deur die private sektor daargestel word, geloof. "Ons het selfs meer van dié programme nodig om 'n daadwerklike verskil te kan maak."


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/13 12:50:52 PM

eish mnr Mabuza - die terminilogie hier is erg omgeruil - verskaffers betaal nie boere - boere betaal vir hulle vir insetkoste - aankopers betaal boere - en dis die wetters wat so lank vat om te betaal!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights