8 Junie 2012

1826 keer gelees | 7 kommentaar

’n Klomp Boerbokke het glo moles in die Klein-Karoo veroorsaak nadat hulle deur grensdrade gekruip, 'n buurman se lusern gevreet het en gevrek het.


Luidens ’n berig in Die Burger stamp twee boere kop sedert 98 Boerbokke van mnr. Philip Kemp, ’n boer van De Dam, op 17 Mei vanjaar onder twee grensdrade deurgekruip het na die groener weiding aan die ander kant.

Die bokke het lustig gevreet, maar oordaad het sy tol geëis en nege van die bokke het begin opblaas en het gevrek. Mnr. Jan Brink van die plaas Morester het ’n veearts, die DBV en munisipale wetstoepassingsowerhede ontbied.

“Ek het Kemp gebel en gewag en gewag terwyl ek by die oorblywende bokke gewaak het, maar dit was al skemer toe hy anderhalf uur later opdaag,” aldus Brink.

Olie
Volgens Kemp was hy egter binne 15 minute op die toneel met ’n olie wat die bokke uit hulle ellende sou verlos. “Brink het my sy grond summier verbied. Drie van my bokke was toe al vrek en nog ses het ná my vertrek gevrek.

"Ek het onmiddellik R3 100 aan die DBV betaal, maar kon steeds nie my diere terugkry nie, want Brink wou ’n kwitansie sien. Die DBV-agent moes toe op my koste Oudtshoorn toe en terug ry om ’n kwitansie te loop haal, wat eintlik niks met Brink te make het nie.”

Kemp sê hy het ná ’n groot gesukkel en lang wag uiteindelik sy bokke teruggekry. Hy was ook in die sop omdat een van sy werkers van die dooie bokke se vleis aan een van Brink se werkers wou verkoop het.

Kemp het toestemming gegee dat die werkers die bokke vir hul vleis kon slag, want bokke wat weens oorvreet gevrek het, hou nie ’n gesondheidsrisiko in nie. Die wetstoepasser het egter geen stappe gedoen nie omdat hy gevind dat geen saak bestaan nie.

Bron: Die Burger
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


gert

2012/06/08 04:32:42 PM

die lewe sou darem nie dieselfde gewees het as twee boere altyd saamstem nie ,


Japie

2012/06/08 05:23:23 PM

Tiepies sommige afrikaner boere, gun mekaar niks, en help nie mekaar as daar probleme op duik nie en gee ook nie vir mekaar se goed om nie. Wat wil jy verwag?


Frans

2012/06/09 04:26:41 PM

Ken julle bokke? Wel as jy bokke in jou deel van die plaas kan hou gtr8.


Ilze

2012/06/09 05:20:12 PM

Jul laat my darm lekker lag hier uit Piet Retief vir my verlange tuiste ! Sterkte Oom Philip.


ben

2012/06/10 09:25:30 AM

die bok ding kom n langpad tussen die bure en ja n bok bly nie op jou plaas nie maar die buurman sin al is die draad hoe goed bok boerdery veroorsaak vyandskap


Butch van Blerk

2012/06/11 12:30:54 PM

My een vriend se as jy 'n emmer water deur jou draadheining kan skiet , hou hy nie 'n bok binne nie. "n Ander vriend se as jy 'n boklam van die grond af optel, skree hy dat jy hom 25 kilometer hoor, maar as 'n bobbejaan hom opvreet, hoor jy nie 'n dooie geluid nie - interessante goed - bokke


Henk

2012/06/15 06:07:56 PM

In my naarstigtelike soeke na weiding vir my skape hier in die Weskus se wereld, ry ek nou eendag saam met 'n boer wat my sy grond naby Hopefield wil gaan wys. By sy plaas aangekom, is sy mooi boerbokke wat hy my wou wys, skoonveld. Met my terugkeer in die rigting van Vredenburg, ry ek deur Hopefield. My oog vang 'n trop pragtige boerbokooie voor die "mall". Nodeloos om te se - hulle het gaan shopping doen!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights