Deur ALANI JANEKE
13 Augustus 2012

1203 keer gelees | 1 kommentaar

Boere in Montagu is bekommerd oor die skade aan die pad tussen dié dorp en Ashton ná oorstromings voorgekom het.


Oorstromings wat weens swaar reën verlede week in die Montagu-omgewing voorgekom het, het nie groot skade op plase aangerig nie.

Mnr. Niël Joubert, ondervoorsitter van Agri Wes-Kaap, sê sommige boere se besproeiingspype het in die slag gebly en opdrifsels het in sommige wingerdstokke agtergebly, maar geen grootskaalse skade is aangerig nie. “Daar is wel skade aan van ons paaie.”
 
Die Kingnarivier het sy walle oorstroom ná dit op 7 en 8 Augustus hard en aanhoudend in die omgewing gereën het. Volgens Joubert het nóg reën oor die langnaweek voorgekom, maar dit was sagte, deurdringende reën wat nie tot verspoelings gelei het nie.
 
Cogsmanskloof
Boere in die Montagu-vallei sal binne twee en ’n half maande vrugte begin oes. Joubert sê die Cogmanskloofpas dra in dié tyd baie swaar verkeer om vrugte na Ashton te vervoer, waar dit óf ingemaak óf verpak word vir uitvoer.
 
Die boeregemeenskap is baie bekommerd oor die skade wat die oorstromings aan die pas aangerig het, aangesien alternatiewe roetes na Ashton ’n “wye ompad sal wees. En ons weet nie of die plaaslike owerheid die skade binne twee en ’n half maande sal kan herstel nie,” vertel Joubert.
 
Swaar reën het die afgelope naweek oor dele van die Wes-Kaap voorgekom en skadebepalings word tans gedoen.
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


River Wyoming Yaffe

2012/08/13 04:27:36 PM

Goeie Dag Die Sasol Solar Challenge sal moontlik deur die gebied ry volgende maand. Laat weet my asseblief wat die toestand is van die paaie binne die volgende paar dae. Dit sal waardeer word. Voorspoed Vriendelike Groete River Wyoming Yaffe (Ms) Innovation Engineering Support Sasol Solar Challenge

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights