Deur ALANI JANEKE
12 September 2012

627 keer gelees | 0 kommentaar

Boere word aangemoedig om in te skakel by hul gemeenskap se veiligheidstrukture om plaasmoorde te voorkom.


Die moorde op die Fourie-egpaar van Trompsburg word ten sterkste deur Vrystaat Landbou (VL) veroordeel. Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van die veiligheidskomitee, sê ’n tragedie soos dié moes voorkom gewees het.
 
“Dit is belangrik dat Vrystaat Landbou (VL) en sy grondstrukture hulle meer moet toespits op die paraatheid en veiligheid van boere,” sê Breytenbach luidens ’n verklaring.
 
Die veiligheidstruktuur wat reeds in die Trompsburg-landbougemeenskap bestaan, word as goed beskryf. Breytenbach sê dié inisiatief sal meer verfyn word nadat al die inligting oor die moorde in ag geneem is. Voorstelle om die leemtes aan te pak, is reeds deur die gemeenskap voorgelê.
 
262 aanvalle voorkom
Sedert 2002 het die VL se Veiligheidsdiens 262 potensiële plaasaanvalle voorkom. Dít verteenwoordig 26 plaasaanvalle per jaar. “Ongelukkig is twee plaasmoorde (Fouries) vir vanjaar aangeteken,” sê Breytenbach.
 
Die voorkoming word ook aan die paraatheid en inisiatief van boere op grondvlak toegeskryf. Die SA Polisiediens is ook by die komitee en veiligheidsplan betrek, en waar dit toegepas word, is sukses al behaal en beplande misdade voorkom.
 
“’n Beroep word op boere gedoen om Vrystaat Landbou behulpsaam te wees deur in te skakel by plaaslike strukture en inisiatiewe op die tafel te plaas om plaasaanvalle en ander veiligheidskwessies aan te pak,” vra Breytenbach.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights