15 Augustus 2012

1073 keer gelees | 6 kommentaar

Die Amerikaanse ambassadeur in SA sal gevra word om druk op die staat uit te oefen oor plaasaanvalle.


Die moontlikheid van persoonlike sanksies teen pres. Jacob Zuma en sy kabinetslede is ’n opsie wat Amerika en ander groot instellings dalk moet oorweeg rakende plaasaanvalle en -moorde.

Die TLU SA sê so ’n stap moet dalk gevolg word as die staat nie gehoor gee aan voorstelle wat kan volg ná  die organisasie die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika om hulp genader het nie.
 
Luidens ’n verklaring gaan die TLU SA hom nou op die Amerikaanse ambassadeur toespits in ’n poging om plaasmoorde stop te sit. Dié stap volg ná mnr. Allen Rodgers, ’n Amerikaner, op die plaas Geluk naby Ladybrand deur drie verdagtes met kapmesse aangeval is. Hy is tans in ’n bestendige toestand.
 
Stem verhef
“Ons pleidooie by die Regering val op dowe ore. Dalk sal hy begin luister as van die groot moondhede hul stem begin dik maak. Dit is wat die TLU SA hoop om te behaal uit ’n gesprek met die Amerikaanse ambassadeur,” aldus mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA.
 
Die landbougemeenskap is die afgelope week weer geruk ná drie aanvalle en twee moorde in die bestek van twee dae in die land voorgekom het.
 
In die ander voorvalle is me. Ronel van Eck by haar plaashek in Noordwes doodgeskiet ná sy haar seun by die skool gaan aflaai het. Dié voorval het Maandag (13 Augustus 2012) plaasgevind. Mnr. Owen Charles en sy vrou is Sondagaand (12 Augustus 2012) op hul plaas naby Jansenville aangeval en Charles is op die toneel dood. Charles en sy vrou het Sondag haar verjaardag gevier.
 
Geldenhuys sê die organisasie sal voortgaan met sy veldtog om die omvang en aard van dié misdaad onder die internasinale gemeenskap en media se aandag te bring.
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/08/15 03:23:22 PM

Ek sit verlede week met vriende in Pretoria en gesels en hulle vertel my van al die winkels in die verskeie woongebiede wat al verskeie kere geroof is. Die vriend wat my die storie vertel is self verlede jaar voor sy huis geskiet en hy het by die dood omgedraai. Die probleem in die land is nie plaas moorde nie. Die probleem in die land is die hoe misdaad. Solank die TLU aandring daarop dat plaasmoorde aandag moet geniet gaan almal dink hulle is selfsugtig en arrogant en gaan hulle baie moeilik sukses behaal. Kry misdaad in die land onder beheer en plaas moorde en veediefstal sal daal. As die TLU dit nou regry om sanksies teen pres Zuma ingestel te kry gaan al sy volgelinge dit op die boere uithaal. Hoeveel plaasmoorde gaan daar dan wees ?


vdmerwe

2012/08/16 08:42:57 AM

mkruger. Het jy al foto's van 'n plaasmoord gesien? Dit is meer as net misdaad. As ek iets wou steel dan wag ek tot hy nie by die huis is nie? Reg of verkeerd. Persoonlik dink ek hierdie is 'n staatgedrewe aksie, indien nie, word dit ten volle deur die staat goedgekeur en aangemoedig.


butch

2012/08/16 09:39:32 AM

Die TLU tree namens die belange van landbouers op . Ek stem saam dat hulle die probleem tot op hierdie vlak voer - ekself dink dat dit selfs nog verder gevoer moet word tot op elke denkbare vlak. Daar is voldoende menseregte organisasies wat dit namens die vir die res van die bevolking kan en moet doen !! Ek woon in die kaap , maar dis al weer net die TLU wat bereid is om vir die landbouers se veiligheid te veg - laat die ander oranisasies nou na vore kom en hul boeke oopmaak en wys wat hulle tot dusver gedoen het ! AL WEER NET DIE TLU ?????? Wat op aarde doen die ander mense in wie se gebiede landbouers ook geslag word - hierdie is nie meer moorde - dis slagtings - ek kon met die sterkste wil nie die anderdag fotos aanskou van plaasmoordtonele. As die ander organisasies nie weet hoe , kan hul mos internasionale kundiges betaal om dit te doen! Hierdie raak krisis en is lankal nie normaal


mkrugeruger

2012/08/16 12:53:54 PM

Jammer ek is maar baie dom so dan se ek nie altyd mooi wat ek wil nie. Ja die moorde is wreed en die rede daarvoor is al baie bespreek: Die swartman haat ons maar dit maak dit nogsteeds nie politieke moorde nie. My punt is dat mens die probleem op 'n ander "verskuilde/slim" manier moet aanspreek. Om te baklei gaan net die aandag op die boere plaas en wat is nou lekkerder as om 'n ou seer te maak as jy weet hy kry seer en is ongelukkig daaroor. Ons is min. My vrou wys gister vir my. Wit +- 4000 0000 Swart +- 40 000 000. Ons gaan nie die geveg om moorde en misdaad te stop wen sonder die hulp van die baie swartmense wat ook daaronder lei nie. FEIT.


steffens

2012/08/16 10:55:35 PM

Ek dink ons boere moet almal saamstaan en vir 'n week stop om ons produkte te verskaf, aan alle markte, supermarkte en slagpales. Dalk as ons die land lam le vir 'n week of twee sal daar gehoor gegee word aan ons noodkreute.


butch

2012/08/17 09:21:24 AM

Ek stem saam met Maarten se hele benadering en dis baie sinvol.. Aan Steffens wil ek ook net sê dat indien hierdie in 'n ander land gebeur het, boere al lankal in opstand sou gekom het. Sy plan van passiewe protes vir 'n week is in elk geval wat enoge ander lank reeds terug sou gedoen het - en onthou verder dan "onse Madiba" al kort na 1994 vir die minderhede gesê het "julle weet nie hoe om te protesteer nie" Dan verstaan ek hoegenaamd glad nie hoekom ons nog nie eksperts se idees bekom het om ons te leer nie - ek bedoel nou nie Juju nie!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights