Deur ALANI JANEKE
29 Oktober 2012

2435 keer gelees | 1 kommentaar

Bewerings dat 'n moordlys vir plaasmoorde by Trompsburg bestaan, is met skok op die Vrystaatse dorpie ontvang.


Beweringe van ’n moordlys met die name van plase wat in Trompsburg aangeval sou word, is uiters onstellend, sê Vrystaat Landbou (VL).

Dié bewerings is Vrydag, 25 Okotber 2012, in Volksblad gepubliseer as deel van ’n berig oor drie verdagtes wat verdink word van die moorde op mnr. en mev. Johan en Cecile Fourie van die plaas Knoppe naby die dorp. Die verdagtes het verlede weer in die hof verskyn.

Volgens die berig is dit nie duidelik of die beweerde lys met ’n bende, Izinyoka (die Slange), verbind kan word nie. Die drie verdagtes, mnre. Moeketsi Hlassa, Nkululeko Mvumvu en Phinias Mothibi is glo deel van dié bende.

Polisie ondersoek die 'lys'
Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê die beweringe van die lys word deur die Polisie ondersoek om uitsluitsel te gee oor die egtheid van die bewerings. “Nog geen klinkklare bewyse bestaan dat so ’n lys bestaan of dat dit met die moorde verband hou nie. Ons maan die gemeenskap om kalm te bly en herinner hulle om ten volle deel te neem aan ons veiligheidstrukture, soos boere reeds doen.”

Kriek sê voorlopige ondersoeke deur die organisasie se veiligheidstrukture, by name mnr. Hennie Gerber, kon geen bewyse bied dat die lys bestaan of met die moorde verbind kan word nie. Hy sê verdere in diepte ondersoeke word wel onderneem, weens die ernstige lig waarin die VL die bewerings beskou. Met behulp van dié ondersoeke wil hulle die juistheid, maar ook die oorsprong van die bewerings, bepaal.

Kriek het ook die hoop uitgespreek dat die ondersoek so spoedig moontlik afgehandel sal word en dat die bevindings met die gemeenskap gedeel sal word.

Die drie verdagtes se saak is tot 6 Desember 2012 uitgestel.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pr. Frikkie Bodenstein

2013/02/09 05:43:39 PM

Plaas geweld en moorde is ‘n ontsettende tragedie! Ons harte gaan uit na die families wat daarmee moet meeding en met die nagevolge van die trauma moet deel! Ons Christen Aksiegroep, PLAAS ARENDE, wil hierdie voorvalle voorkom en uitskakel deur betrokke te raak by die plaaswerkers met geestelike insig en konflik-hantering. Ons vergader binnekort in die Vrystaat met boere en geïnteresseerdes want ons glo dat wanneer God in beheer gePLAAS word ‘n verskil gemaak kan word en HERSTEL kan plaasvind, en orde onder ons land se Boere-gemeenskappe herstel KAN word! Die REGERING (HEERSKAPPY) IS OP SY SKOUER! (Jesaja 9:6)! Hy is die HOOP VAN DIE HEERLIKHEID (vrede, vreugde - Kol 1:27)! Jesus U SAL HEERS en ONS SAL HEERS saam met U! Boere wat geïnterresseerd is, kontak ons asb op die volgende e-pos adres: eagleseye@webmail.co.za

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights