21 April 2011

1970 keer gelees | 0 kommentaar

Die kabinet het ’n besluit goedgekeur om ’n moratorium op lisensies vir binnelandse gas-eksplorasie te plaas, sê die Demokratiese Alliansie (DA).


Die kabinet het ’n besluit goedgekeur om ’n moratorium op lisensies vir binnelandse gas-eksplorasie te plaas, sê die Demokratiese Alliansie (DA). Luidens ’n verklaring het die Departement van Minerale Hulpbronne die besluit aan die kabinet voorgelê. Dit volg ná maande se omstredenheid oor gas-eksplorasie in die Karoo en die invloed wat hidrobreking, oftewel “fracking”, op die omgewing sal hê.

Die DA sê hulle verwelkom dié besluit en al die ander ondernemings deur die departement. “Ons verwelkom die aankondiging dat ’n strategiese omgewingstudie gedoen sal word deur ’n span wat op verskillende disspilines fokus”.

Verskeie aspekte

Die party sê terselfdertyd moet daar ook gekyk word na wetlike aspekte rakende aansoeke vir gas-eksplorasie. Die watergebruiksvoorskrifte vir hidrobreking moet ook deeglik nagegaan word en volgens die DA moet die Nasionale Beplanningskommissie ook aandag gee aan die spesifieke metode en of dit tot Suid-Afrika se voordeel sal wees.

Die party vra sedert Januarie 2010 reeds vir dié moratorium en het al die verskeie nadele wat die metode vir die omgewing kan inhou, bekend gemaak.

Die DA is ook van mening dat nie die Departemente van Omgewingsake, Waterwese óf Minerale Hulpbronne die vermoë het om die nodige partye te vervolg as besoedeling ’n gevolg van die mynmetode sou wees nie.

Verdere vrae sal aan die kabinet gestel word om presiese inligting oor die moratorium en die daaropvolgende studies te bekom.

21 April 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights