Deur ALANI JANEKE
18 Mei 2012

2218 keer gelees | 11 kommentaar

Die Mosambiekse regering het Suid-Afrikaanse boere genader om ook moontlik in die Zambezia-provinsie te boer, sê AgriSAmos.


Die Mosambiekse regering het Suid-Afrikaanse boere genader om ook moontlik in die Zambezia-provinsie te boer, sê AgriSAmos.

Mnr. Piet Potgieter, voorsitter, sê die goewerneur van dié provinsie het hulle genader met ’n versoek vir Suid-Afrikaanse boere om ook daar te gaan boer.

Sowat 800 Suid-Afrikaanse boere boer tans in dié land of het hul bedrywighede daarheen uitgebrei. Dié boere het hulle meestal in die Gaza-provinsie gevestig.

Nampo-Oesdag

’n Afvaardiging van Mosambiekse hooggeplaastes, wat die Nampo-Oesdag vanjaar besoek het, het dié versoek aan Potgieter en die res van die organisasie gerig.

Mnr. Lazaru Nhangumbe, ’n agent vir die bevordering van die landbousentrum in Mosambiek, sê hulle meen dat verdere samewerking tussen dié twee lande ’n deurslaggewende rol in Mosambiek se landboubedryf kan speel.

Volgens Nhangumbe word slegs sowat 15% van Mosambiek se 36 miljoen ha bewerkbare grond tans produktief aangewend. Die goewerneur van Zambezia het glo aan AgriSAmos gesê dat hulle graag sake met Suid-Afrikaanse boere wil doen, en “dat hulle die vaardighede van die Suid-Afrikaanse boer in hul provinsie wil hê.”

Hou Landbouweekblad dop vir verdere inligting oor die situasie.

17 Mei 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


corlivdm

2012/05/21 11:37:25 AM

Kontak gerus vir Agri SA vir die relevante inligting: http://www.agrisa.co.za/agrkontak.htm Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Onbekende besoeker

2012/05/21 11:07:44 AM

Waar kan mens meer inligting kry, oor hoe dit werk, veiligheid, kostes ensv. Ons stel belang om met bees, skaap en bok te boer. My man het 13 jaar ondervinding daarin.Ons is tans in Namibia.


Onbekende besoeker

2012/05/20 03:13:55 PM

Ek dink ons boere het sag geraak. Kyk net al die klagtes en "kannie" en "hulle sal" - ag shame kyk nou hoe jammer voel ek vir julle. My oupa het nooit geskroom om tussen sy veihande te kamp nie, nooit gepraat van verloor nie en altyd in sy Vader geglo vir die toekoms en geen mens sleg gesê nie. Dis net kla, kla kla en die blaam op ander sit. Kyk biekie na wat om jou eie huis aangaan. Toe die nuwe regering oorvat toe breek ons boere al die infrastruktuur af en nou wil ons net hulle blameer, en ja, hulle het baie blaam te dra, maar dis hoe ons die toekoms ingaan wat die einde bepaal. Op die oomblik is ons blankes soos honde wat alles verskeur en ons eie hakke byt en weghol wanneer die *** die fan tref. Ons hou van vingerwys, veral die jonger generasie wat niks eers weet van die oorlog nie - dis mos wat ons die beste doen. Laat iemand net na ons verwys dans daar moeilikheid - daai balk is nooit groot in ons oê nie. As daar iets wat moet verander is dit die afrikaner wat weer soos ouds, tussen die vyhand kamp en opstaan as 'n nasie. Hulle het nooit in Bloedrivier soos katte gehuil soos nou nie. Ek haal my hoed af vir die boere in Afrika wat dit aandurf - HULLE IS AFRIKANERS soos ouds!


Onbekende besoeker

2012/05/20 05:57:38 AM

Kan nie besluit of ek vir die voldende sprinkaanplaag kans sien nie,die swerms het almal dieselfde gene verander of kry dieselfde keure wanneer die seisoene verander


Onbekende besoeker

2012/05/19 10:03:53 AM

Hene dis n GROOT pessiekte in Afrika! BOERE of julle geheue is kort of julle het vergeetsiekte (hehehe). Lees die feite wat gebeur en so baie word herhaal.. Daar was redelik onlangs 'n klomp SAfr boere en SAfr mense wat besighede / gastehuise in Mosambiek gehad het, alles op beslag gele en militer gevat. Die boere moes terugkeer met ZERO en het biljoene verloor. Hierdie hele Afrika HAAT kolonialisme en die boere se vernuf, wag tot jy infrastruktuur skep, waterpype aanle en regmaak, en daarna jaag hulle jou weer weg. So herhaal die pes homself! Nes in Somalie, Zimbabwe seevier hongersnood. Maar dis hulle wat rassistiese deure het en dit toepas maar hou gereeld die hand uit na koloniale. Gaan lees gerus oor GAZA. http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Huise-kwyt-in-Mosambiek-20110722 Dit is hoe mnr. John Muller, ’n sakeman van Pretoria, die onverwagse en vernielsugtige beslaglegging op sy vakansiehuis in ’n Mosambiekse paradys bestempel het. Hy en 15 ander Suid-Afrikaners het eiendom verloor wat glo R60 miljoen werd is. Verlede Vrydag het soldate en polisiemanne, gewapen met AK47’s en haelgewere, op die La Perla-vakansie-oord op die oewer van die Bilene-meer toegeslaan. Dit is sowat 180 km noord van Maputo. Een van die oord se permanente inwoners, ’n bejaarde kankerlyer wat nie haar naam genoem wou hê nie, het vertel wat gebeur het: “ ’n Konvooi soldate en polisiemanne, gewapen met AK47’s en haelgewere, het opgedaag en gesê: ‘Niemand mag die oord binnekom of verlaat nie. Die goewerneur van Gaza het ons gestuur.’ lees die artikel.


Hans van Gulik

2012/05/18 06:09:33 PM

Tis n mooie story daai !! Verseker my kleinseuntjie sal dit verstaan........ wonder net of springkane kan lees, en kan verstaan! Sterkte gewens aan die SA miere vanuit Holland, waar miere nou bekly met ROOImiere !


Saaiboer

2012/05/18 05:50:47 PM

Ek is bang om te gaan, sê nou net daar is iemand soos ons huidige minister daar! Dalk moet sy bietjie met die Mosambiekers gaan gesels om haar ogies te laat oopgaan.


Danie J v Rensburg

2012/05/18 03:36:50 PM

Die storie van die mier en die springkaan is so mooi en so waar, ek het dit baie geniet. Ek sou ook graag meer inligting oor Mosambiek kry asb, dankie


Ian Jacobs

2012/05/18 01:55:39 PM

En so kom die volgende storie tot waarheid. Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue winter maande. Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig. Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat. Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos kan sorg DIE SUID AFRIKAANSE WEERGAWE Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in Suid-Afrika afspeel eindig dit nie daar nie*****. Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef. 'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die Mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wereld is stom geslaan. "Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so ly?" In 'n oogwink is SASU * die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie - gestig. Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die Sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods 'n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig. Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te se dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die Sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is. GATSAK - Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding - Verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin. Die President verskyn op die agt uur nuus en se dat hy alles in sy vermoe gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer. Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes - Op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir her-verdeling. Die verhaal eindig waar die sprinkaan wegle aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waain hy bly - wat net toevallig die mier se gewese tuiste is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie. Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp Wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op die veld aangebreek het. Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is Histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel drie in baie senior posisies met byvoordele - om die Gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het. Dan is dit weer winter, en te min Gras is ge-oes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kanproduseer nie. Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoener word deur kos uit te voer na sy ou veld toe.


corlivdm

2012/05/18 01:15:15 PM

Kontak gerus vir Agri SA vir die relevante inligting: http://www.agrisa.co.za/agrkontak.htm Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Onbekende besoeker

2012/05/18 12:04:34 PM

Dankie vir die inligting, maar wat is die details. As ek belangstel om te gaan waar kan ek meer inligting? Wat watter warborge is daar vir veiligheid? ens.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights