1 Augustus 2012

574 keer gelees | 1 kommentaar

Verbruikers moet etikette op suiwelprodukte nagaan om te verseker dat dit nie plantaardige vette bevat en van SA is.


Verskeie versoeke om ondersoek in te stel na ingevoerde suiwelprodukte wat nie aan Suid-Afrikaanse vereistes voldoen nie, is die afgelope paar maande aan die owerhede gerig.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê na aanleiding van die versoeke het optrede gevolg omdat bevind is dat van die ingevoerde produkte nie aan plaaslike standaarde voldoen nie.
 
Luidens ’n verklaring is ’n produk wat verkeerdelik as Deense fetakaas geëtiketteer is, terwyl dit plantaardige vette bevat het, ’n voorbeeld van so geval. Mnr. Bertus de Jongh, hoof uitvoerende beampte van die MPO, sê hulle beskou die saak in ’n baie ernstige lig, want verbruikers word mislei en dit veroorsaak skade vir die hele bedryf.
 
Etikette
Volgens die nuwe etiketteringsregulasies moet deeglike besonderhede van die bestanddele van elke produk en die land van oorsprong op ’n etiket verskyn. “Verbruikers word gemaan om etikette van suiwelprodukte noukeurig na te gaan om te verseker dat dit nie ander bestanddele, soos plantaardige vette, bevat nie en van Suid-Afrikaanse verwerkers afkomstig is,” vra die MPO.
 
Die organisasie en Agri Inspec, sy moniteringsmaatskappy, monitor suiwelinvoer op ’n maandelikse grondslag. Hulle sê hulle sal nie skroom om hul op die owerhede te beroep om doeltreffend teen oortreders in die bedryf op te tree nie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


verbruiker

2012/08/01 08:28:41 PM

Gaan kyk bietjie na clover se "mooiriver" botter, ingevoer direk vanaf Nieu Zeeland. Is dit nie ook misleidend nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights