Deur SUSAN BOTES
9 Januarie 2009

1229 keer gelees | 0 kommentaar

Die MPO doen tans grootskaalse introspeksie om vas te stel of boere se belange steeds sy eerste voorrangsaak is.


Die Melkprodusenteorganisasie (MPO) doen tans grootskaalse introspeksie. Die doel is om vas te stel of boere se belange steeds die MPO se eerste voorrangsaak is.

"Elke organisasie moet homself van tyd tot tyd evalueer," het mnr. Mike Black, voorsitter van die MPO in KwaZulu-Natal, oor dié aksie gesê. Dié provinsie se tak het verlede jaar Junie reeds sy strategiese doen en late laat hersien.

"Ons wou uitvind wat die organisasie nie doen nie wat hy behoort te doen. Ook wat die MPO doen wat hy nie eintlik behoort te doen nie." Ná die ondersoek is daar besluit dat die nasionale MPO ook hersien behoort te word. 'n Konsultasieonderneming, die Turnaround Group, is aanvanklik aangestel om die KwaZulu-Natalse organisasie se oorsig te behartig en doen nou ook die nasionale een.

"Dit is gesond dat iemand van buite af na die organisasie kyk," het mnr. Etienne Terre?Blanche, besturende direkteur van die nasionale MPO, gesê. Hy is ten gunste van die ondersoek. "As boere meen dat daar nuwe rigting nodig is, gaan dit groot struktuurveranderinge teweeg bring."

Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 16 Januarie 2009.

9 Januarie 2009

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights