Deur ALANI JANEKE
3 Augustus 2012

933 keer gelees | 4 kommentaar

"Ons verseg om die verkryging van grond stop te sit. Die grond in Zimbabwe is ons s’n," sê dié land se president, mnr. Robert Mugabe.


’n Versoek om die sanksies teen pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se regering op te hef, is aan die “Weste” gerig.

Die Europese Unie (EU) het verlede maand aangedui dat die meeste van die sanksies opgehef sal word mits dié land ’n geloofwaardige nuwe grondwet opstel voor die beoogde Zimbabwe-verkiesing.
 
Mugabe self sal volgens ’n berig op News24.com steeds op die EU se swartlys bly. Mugabe sê die sanksies is ingestel om sy regering se grondgrypery stop te sit. “Ons het verseg om die verkryging van grond te staak. Die grond in Zimbabwe is ons s’n.”
 
Die sanksies is in 2002 ingestel te midde van ’n geweldadige grondgrypveldtog en ná ’n geweldadige verkiesing in Zimbabwe.
 
Nie geslaag
Mugabe het op ’n glansgeleentheid wat in Zambië aangebied is om hom te vereer, gesê die sanksies is ingestel om Zimbabwe te laat mislukl. Hy meen die sanksies kan nie geregverdig word nie en moet opgehef word.
 
Hy sê “die ekonomie asook die myne groei ondanks dié sanksies en inflasie het gedaal. Ons sal voortgaan om te baklei vir die opheffing van die sanksies. Zimbabwe is vir Zimbabwiërs en ons sal nie oorgee nie.”
 
Altesame 112 Zimbabwiërs se bates in Europa is al vir ’n dekade lank gevries en ’n reisverbod is ook teen hulle ingestel.
 
Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/03 02:26:04 PM

En so aanskou die hele wereld - ek inkluis - hierdie nar se se petaljes maar net "totally paralised by indecision" - the United Nations, not "involved in war" - but totally uninvolved in war" Waar gaan die wereld heen en wanneer gaan IEMAND hierby betrokke raak?


Brakanjan

2012/08/03 05:17:13 PM

Hi butch, moenie so lelik lelik lelik wees met Mugabe nie, hy is dan absoluut gestremd - Hy is Verstandelik Gestremd! Net jammer daai nar se streke is nie snaaks nie.


Dion

2012/08/04 04:39:49 PM

Butch ek sekondeer jou, maar ongelukkig is die wêreld onbetrokke, want hoe lank ly die grondeienaars al onder hierdie Tiran en steeds het nog niemand werklik iets gedoen nie.


Chris

2012/08/05 07:32:53 AM

Bewaar my om nie weer deur Zim te ry nie die haat by die padblokades is so duidelik sigbaar wees versigtig as julle die roete op na Cahorra Bassa gebruik elke 10 kl soek iemand $ 1 in n kamstage padblokkade .gelukkig het die ou diktator min dae oor.Daar is nogsteeds bo in Zim n kamp waar jong kinders gevange gehou word en opgelei word as rebelle Hoe ek dit weet is ek het een van die se ouers wat geryloop het opgelaai Hy het ons vertel waar die kamp is en wat daar aangaan Nogal sleg om dit te hoor.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights