Deur ALANI JANEKE
23 Oktober 2012

1049 keer gelees | 4 kommentaar

Die grondhervormingsplan wat pres. Jacob Zuma voorgestel het, het goeie en slegte gevolge, sê dr. Pieter Mulder.


Die ernstige probleem met grondhervorming in Suid-Afrika is die betrokke departement se “totale gebrek aan kapasiteit.”

Dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê as dié kwessie nie aandag kry nie, loop alle voorstelle vir verbetering die risiko om te misluk. Dít sluit ook pres. Jacob Zuma se nuutste voorstel van distrikskomitees vir grondhervorming in.
 
Dié voorstel het sy ontstaan binne die Nasionale Beplanningskomissie gehad en is deur die president in ’n toespraak op die eerste jaarlikse kongres van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) voorgehou.
 
Lees meer oor dié voorstel hier.

Goed en sleg
Mulder sê die voorstel het slegte, maar ook goeie gevolge. Hy sê die voorstel om grondhervorming af te wentel na die plaaslike gemeenskap is ’n stap in die regte rigting.

“Die plaaslike landbougemeenskap is in ’n baie beter posisie om voorstelle te doen oor grond wat oorgedra kan word. Hulle ken ook die plaaslike gemeenskap en weet wie sal as boer op sulke grond kan slaag.”
 
Verder meen hy dis goed dat die president probeer om die onsekerheid en gebrek aan belegging in die landbou met die voorstelle uit die weg te ruim.
 
“Sy voorstel van 50% van markwaarde as vergoeding waar grond oorgedra word, is totaal onrealisties en verwag van boere om die koste van grondhervorming te dra. Dit is onprakties en sal nie die probleme oplos nie,” aldus Mulder.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ina Botha

2012/10/23 02:44:26 PM

As ons boere die grond moet afstaan, gee hulle n kans om te kyk of kan die nuwe eienaars boer, sal hulle die grond bewerk en nie uit verhuur vir plakkers nie. Laat Zuma hul help en n rekening open en as hy droogmaak word die grond van hom af weggevat. As hul ons gelyke wil wees moet hulle dit kan bewys anders gaan ons die honger en armoede nog groter word en sal dit n groot probleem wees wat nooit sal kan herstel word nie Sterkte Pieter en medeboere ons bid dat daar n wonderwerk sal gebeur Vriendelike Groete


Saaiboer

2012/10/23 09:01:28 PM

Indien die staat R200 miljoen gou kan uithaal om Zuma se huisie mee op te knap het hulle genoeg geld vir grond.


Deon van der Westhuizen

2012/10/23 09:55:17 PM

Hallo Ina. Ek stem met jou saam. Ek boer nou in die congo en daarmee kan ek se ek verstaan Suid Afrika sekerlik nou beter, en sien my land van herkoms val dag na dag. Na amper vier jaar hier in die bos sal ek sekerlik nie maklik terug kan gaan nie en dit is hartseer. Ons word aangespoor om van die landbou hier n groot sukses te maak. My werkers wil elke dag meer kennis van my he, en is honger om te leer. Politiek en rasisme bestaan nie hier, dit bestaan wel in Suid Africa omdat daar nog geen swaarkry was nie. Almal wil vat en niks gee,nie eers n bietjie spierkrag. Jammer dit is so. Wens ek was daar, jammer politiek en sy mense het so uitgedraai. Ek bid elke dag vir my land. Groete. Deon .....Congo .... Lubumbashi ...... Katanga province.


ossie pretorius

2012/10/23 10:46:48 PM

In ons distrik is al paar plaase vir hulle gegee.... Niks lelik bedoel nie ,maar daar gaan niks aan nie. My punt is hulle kan nie boer nie.. Die land se ekonomie daal agv hulle. Die grond is nou al n jaar vekoop aan hulle. Nog nie eers die moeite gedoen om beeste aan te koop of om die grond te bewerk vir lande nie. Dan praat ek van 3000ha potensiele grond, watertafels en TOP bees-plaase!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights