Deur SUSAN BOTES
16 Maart 2012

2499 keer gelees | 5 kommentaar

Mnr. Koot Claassen, voorsitter van Mpumalanga Landbou en ’n voorste mielieboer van Delmas, het ál sy plaasgrond in dié provinsie verkoop.


Mnr. Koot Claassen, voorsitter van Mpumalanga Landbou en ’n voorste mielieboer van Delmas, het ál sy plaasgrond in dié provinsie verkoop.

Hy het aan Landbouweekblad gesê die probleme met mynbou in die provinsie is die grootste enkele rede waarom hy sy boerdery in dié provinsie beëindig. “Ons besproei tans 1 000 hektaar, maar suur mynwater maak dit nie meer die moeite werd nie.”

Grondhervorming en diefstal het ook ’n invloed gehad. “Dit het al hoe duurder geword om die nodige sekuriteit te bekom. Ons moes ernstig vra of dit nog ekonomies lewensvatbaar is om in Mpumalanga te boer.” “Dinge in Suid-Afrika is op ’n mespunt en ek moet my nageslag in ag neem,” het Claassen aan Landbouweekblad gesê.

Claassen het reeds grond in die Swartland (Wes-Kaap) gekoop en beoog om voortaan met koring, wyndruiwe en skape te boer. Hy oorweeg ook boerdery-opsies in Australië.

“Ek spook al amper ’n jaar met hierdie besluit. Die boere wat optrek in Afrika het baie moed, maar op die lang duur blyk Australië die beste opsie te wees.” Claassen sê hy het ’n plig teenoor sy nageslag. Sy kinders neem stadigaan die boerdery oor.

Mynbedrywighede
“Ek boer grootliks om die plaaslewe te geniet, maar mynbedrywighede maak dít onmoontlik. Grondwaardes daal ook drasties as gevolg van mynbedrywighede.” Claassen tree Junie uit as voorsitter van Mpumalanga Landbou.

“Ek het met die destydse ontbinding van Agri Mpumalanga gesê ek sal intussen die leiding neem, maar dit het nou tyd geword dat die jonger manne leiding moet neem.”

Die Claassens het besluit om vir eers in die Wes-Kaap te gaan boer. Hulle meen dié provinsie gaan waarskynlik laaste deurloop in die grondhervorming-stryd. Hul rede om met koring, wyndruiwe en skape te boer, is omdat dié drie kommoditeite volgens hul berekeninge in die toekoms al hoe meer sal blom.

“Ek dink nie die vervoerdifferensiaal sal meer lank hou nie en op lang termyn kan koring ’n stewiger toekoms as mielies inhou.” Claassen meen ook die land se wynbedryf bied goeie potensiaal mits internasionale bemarking verbeter word. Hy sê egter dat die Suid-Afrikaanse landbou op ’n verloorpad is en dat Australië die beste antwoord is.

16 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dawid Lombard.

2012/03/19 11:24:51 AM

Ek wens Koot en sy gesin net die beste seeninge toe. Sterkte met jul besluit, julle sal gemis word in Delmas area.


Nelius Ferreira

2012/03/17 07:47:43 PM

Solank jy net n goeie bottel wyn of 2 kan produseer, sal ek n kas of 2 gereeld by jou koop?! Ag leka ou maat, boerdery is maar in jul bloed en alle sterkte met die nuwe uitdagings.


Janbez

2012/03/17 08:53:00 AM

Die volgende skrywe is van mnr. Koot Claassen oor hierdie berig ontvang: In reaksie op ‘n artikel wat in Landbouweekblad verskyn het, (en op Landbou.com gepubliseer is) wat geskryf is op 16 Maart 2012, getiteld “Mynbou laat topboer als verkoop” wil ek, Koot Claassen, net sekere regstellings maak. In die eerste plek het ek nie gesê dat grondhervorming ‘n probleem is nie, maar dat ‘n mens met grondhervorming moet deel op ‘n nasionale vlak. Georganiseerde landbou doen baie goeie werk in hierdie opsig. Misdaad het wel ‘n groot invloed op die plaaslike boerderybedrywighede. My mening moet in perspektief gestel word. Ek het onder geen omstandighede gesê dat landbou in Mpumalanga nie lewensvatbaar is nie, maar dat die ekonomiese uitbreidingspotensiaal in my onmiddelike boerdery omgewing deur die myne se uitbreiding gedemp word. Ek voel wel dat dinge in Suid-Afrika soms moeilik gaan in landbou, maar dat daar nogtans goeie hoop vir my nageslag in landbou in hierdie land is. Ons is tog boere en is gebore om dit te doen. Ek het nog nooit en ek sal ook nooit enige boerdery aktiwiteite in Australië oorweeg nie. Australië sou na my mening, vir enige boer, nie ‘n opsie wees om heen te gaan nie. Die boere wat optrek na ander dele van Afrika om daar te gaan boer, het baie moed en mens wens hulle sterkte toe, want daar is nie vir hulle eintlik ‘n ander opsie as om daar te gaan boer nie. Ten opsigte van die punt oor grondwaardes is dit waar dat dit waarskynlik in die toekoms as gevolg van die mynbedrywighede kan daal, maar nie noodwendig nie. Die Claassens het besluit om in die Wes-Kaap te gaan boer en ons permanent daar te vestig. Dit is hoegenaamd nie waar dat die Kaapprovinsie die grondhervormingsprogram gaan vryspring nie en daarom is die grondhervormingspunt wat opgebring is in genoemde artikel, van geen waarde. Ons besluit om met koring, druiwe en skape te boer, is omdat dit waarskynlik die kommoditeite is wat die beste in die streek aangepas is en dat dit op ‘n winsgewende basis geproduseer kan word. Die vervoerdifferensiaal is ‘n negatiewe aspek in die Wes Kaap, maar ek glo persoonlik dat hierdie differensiaal in die toekoms nie meer ten volle sal geld nie. Ek wil ook die punt sterk bevestig dat daar geen rede is om te glo dat koring ‘n beter toekoms as mielies in Suid-Afrika het nie. Dit is wel bekend dat die wynindustrie op die oomblik deur ‘n moeilike tyd beweeg, maar ek glo dat dit met hierdie industrie in die toekoms beter kan gaan. Ek moet ten sterkste verskil van die laaste punt in die artikel, wat sê dat Suid-Afrikaanse landbou op die verloorpad is. Suid-Afrikaanse Landbou is in ‘n fase van verandering, maar ek glo dat die toekoms van landbou in hierdie land nog steeds rooskleurig lyk en daar geen rede is om na Australië te kyk as opsie. Waarom, andersins, koop ek dan grond in die Wes-Kaap as ek nie vertroue in landbou in Suid-Afrika het nie. Ek glo dat daar waarskynlik ‘n misverstand was tussen myself en die verslaggeefster en ek hoop dat hierdie saak nou gesuiwer is, deurdat ek my mening duidelik gestel het. Jan Bezuidenhout Landbou.com


Gert Claassen

2012/03/16 08:25:05 PM

Dit is werklik jammer dat Landbou weekblad nie eers hulle feite en klaarblyklike "kommentaar" agter mekaar kry nie. Ons staan agter boerdery , en as iets belagliks soos immigreer Aus toe enigsins ons oorweeging was, waarom sal ons weer grond koop??? Die myne in ons onmiddelIke omgewing is die probleem en verseker nie die boerdery omgewing van Delmas nie!!!


Onbekende besoeker

2012/03/16 07:59:49 PM

Dalk is Ozzie nie die antwoord nie. Kom eerder Noord Kaap toe, hier is ook wyn, skape, en selfs koring, Hawer, kantoen (en baie water op 150m).

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights