Deur ALANI JANEKE
10 Augustus 2012

994 keer gelees | 1 kommentaar

Produktiewe landgrond van sowat 80 000 ha kan binne 10 jaar weens mynbou-aktiwiteite in Mpumalanga verlore gaan.


Sowat 450 000 ton mielies en sowat 50 000 ton sojabone kan uit Suid-Afrika se produksie verwyder word weens mynboubedrywighede in Mpumalanga.

’n Toetsstudie is deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) in dié provinsie onderneem om die invloed van die uitbreiding van mynbou op die landboubedryf te bepaal.

Dr. Ferdie Meyer, direkteur, sê die studie het op die omgewings van Delmas, Ogies en Leandra gefokus. Hy sê sonder om opbrengsverbeteringe in ag te neem, kan 447 581 ton mielies en 49 889 ton sojabone in dié streke in die slag bly.

Produktiewe landbougrond verlore
Die uitbreiding van mynboubedrywighede kan daartoe lei dat produktiewe landbougrond op 79 967 ha oor `n tydperk van vyf tot 10 jaar vir dié bedryf en Suid-Afrika verlore sal wees.

BFAP se model bepaal dat dié produksieverliese kan lei tot `n styging van sowat 9% in die mielieprys. “Oor die korttermyn is mynbou se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) aansienlik hoër as dié van landbou, maar oor die langtermyn kan landbouproduksie as meer volhoubaar beskou word.”

Volgens BFAP raak dit dus meer belangrik om begrip te toon vir die impak van voedselsekerheid en die verskaffing van werkgeleenthede. Voedselsekerheid bestaan uit verskeie elemente, maar die beskikbaarheid van voedsel en maklike toegang daartoe is die mees kritieke dryfvere daaragter.



Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gerhard

2012/08/13 11:20:41 AM

ek is tans besig met onderhandelings met een van die groot myne,naby Hendrina wat kole myn vir kragstasie gebruik. Die betrokke myn stel nie belang in die boer se boerdery belange nie , maar slegs in sy eie . Die onderhandelings is maar baie eensydig en hulle het die houding van ons gaan jou grond opneuk en jou water besoedel , en dit bly maar jou probleem. Klae help niks , maar die myne base geniet die vleis en melk wat van die plases af kom . Vir hoelank ons nog sal kan voedsel produseer met die tipe van houdings weet ek nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights