Deur ALANI JANEKE
3 Junie 2012

645 keer gelees | 0 kommentaar

Mynregte van grondeienaars word nie deur die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne onteien nie, sê die Appèlhof.


Luidens 'n berig op Sake24.com het vyf appèlregters die beslissing in Bloemfontein gemaak.

Honderde grondeienaars, wat boere insluit, het op dié uitspraak gewag. Die grondeienaars was tot en met die inwerkingtreding van die wet in 2004 die mynreg-eienaars op hulle grond, en het hulle gewag om te besluit of hulle met eise om vergoeding teen die Regering sou voortgaan.

Dié beslissing beteken dat die grondeienaars geen eis teen die staat het nie. “Kragtens die wet het alle mineraleregte na die staat teruggegaan en daar moes weer daarom aansoek gedoen word – die sogenaamde nuwe-orde-regte,” lui die berig. Die regters meen dat die geskiedenis van mynregte in Suid-Afrika bewys dat die staat nog altyd die reg gehad het om besluite te neem oor prospekteerregte, mynbedrywighede en die verkoop van gemynde minerale.

Agri SA se argument nie aanvaar
Volgens die berig was die regters nie bereid om Agri SA se argument – dat grondeienaars nou onteien is van hul reg om hul mynregte te verkoop, as sekuriteit te gebruik of aan hul erfgename na te laat – te aanvaar nie.

Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder van Agri SA, sê hulle bestudeer tans die uitspraak van die hof en sal met behulp van hulle regsverteenwoordigers besluit of hulle appèl sal aanteken teen dié bevinding. Sou 'n appèl aansoek goedgekeur word,  sal die saak in die Grondwethof gaan draai.

Bron: Sake24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights