Deur ALANI JANEKE
17 Oktober 2012

479 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verteenwoordiger van die OIE het Namibië se veeartsenydienste as van die beste in Afrika bestempel.


Die behoud van sy dieregesondheidstatus is ’n belangrike faktor vir die oorlewing van die Namibiese lewendehawe- en landboubedryf. Die kwessie is onlangs in diepte op die Lewendehawe-produsente-organisasie (LPO) se kongres bespreek.
 
Die grootste deel van dié land se landboubedryf is afhanklik van die uitvoer van vleis, met die lewendehawe-bedryf wat 2,2% tot die land se ekonomie bydra. Die bedryf het verlede jaar sowat N$2 164 miljoen tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bygedra.
 
Mnr. Harald Marggraff, bestuurder van bedrywe by die Namibiese Landbou-unie (NLU), sê verskeie uitdagings staar hulle in die gesig. Dr. Gideon Brückner, verteenwoordiger vir die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE), het op die kongres gesê dat Namibië se veeartsenydienste van die beste in Afrika is.
 
Probleme
Van die probleme wat uitgewys word, is dat Namibië, soos Suid-Afrika, ’n tekort aan veeartse het. Die handhawing van heinings en grensdrade vir gesondheidsdoeleindes is ook ’n probleem. “Dit is vir ons ook baie belangrik dat Suid-Afrika sy bek-en-klouseer-vrye status herwin en sy dieregesondheid behou,” merk Marggraff op.
 
Suid-Afrika het in April verlede jaar sy bek-en-klouseer-vrye status verloor, en geen uitvoer van diere met gesplete hoewe mag sedertdien geskied nie. Marggraff sê dit veroorsaak tans vir boere in Namibië probleme ten opsigte van veral die invoer van teelmateriaal, wat gunstig vir hulle boerderye sal wees.
 
Brückner het ook beklemtoon dat vir Namibië om sy gesondheidstatus te behou, “dit noodsaaklik is dat betrokkenes hul verantwoordelikhede ernstig opneem.” Hy meen belanghebbendes moet nie net plaaslike veeartsenydienste ondersteun nie, maar ook die verwagtinge van internasionale gemeenskappe ten opsigte van voedselveiligheid en naspeurbaarheid aanvaar.
 
Verder waarsku Brückner die bedryf moet “onverwagte of onbeplande gebeure begin verwag,” hulle moet dit aanvaar en planne daarvoor beraam.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights