29 Mei 2012

1157 keer gelees | 1 kommentaar

Graan SA se Nampo-Oesdag het vanjaar gespog met bywoningsyfers om op trots te wees!


Graan SA se Nampo-Oesdag het vanjaar gespog met bywoningsyfers om op trots te wees!

Volgens Graan SA het 71 723 mense vanjaar die Oesdag besoek. Die hoogste vergelykbare vorige bywoningsyfer was 2010 se 68 900. Verlede jaar was daar wél meer besoekers, maar weens die verkiesing was daar ’n openbare vakasiedag wat tot ’n buitengewone toeloop gelei het.

Mnr. Cobus van Coller, voorsitter, sê gunstige weerstoestande het bygedra tot vanjaar se sukses. “Die algemene terugvoering van uitstallers is dat hulle goeie sake gedoen het. ’n Hele paar van die meganisasie-uitstallers meen dit was van hulle beste jare tot nog toe.”

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê die plaaslike en internasionale belangstelling in die Oesdag is ’n teken daarvan dat dit nie net ’n handelsplatform skep nie, maar gereken word as ’n plek vir gesprekvoering en netwerkvorming.

Twee nuwe toevoegings tot die Oesdag was die bekendstelling van ’n ploegkompetisie en ’n Oesdag-radiostasie, Graan SA Radio. ’n Ploegkompetisie, geskoei op die wêreldploegkampioenskapsbyeenkoms, sal by volgende jaar se Oesdag aangebied word en die radio-diens sal waarskynlik weer besoekers op die hoogte van gebeure hou.

Nampo-Oesdag 2013 sal van 14 Mei tot 17 Mei aangebied word. Kyk hier na 'n video oor vanjaar se Nampo-Oesdag.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


clive botha

2012/05/30 06:45:36 AM

dankie nampo vir al julle harde werk.. net jammer julle is nie baie toegeeflik as dit kom by uitstalruimtes aan mense wat nampo help opbou nie... en.. dis meer die korporatiewe mense van die stad..ceo en hulle secr wat die oesdag besoek.. dit is n lekker drink en kuier plek..en wat na die die tyd gebeur is n bonus..

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights