Deur JAN BEZUIDENHOUT
11 Oktober 2012

1229 keer gelees | 1 kommentaar

Nigeriese boere sleep Shell hof toe oor oliebesoedeling wat glo hul plase vernietig het.


Vier Nigeriese boere het Royal Dutch Shell hof toe gesleep oor oliebesoedeling, wat glo hul plase in die Niger-delta vernietig het.

Die Nigeriese boere het dié saak in ‘n siviele hof in Den Haag aanhangig gemaak, waar Royal Dutch Shell se internasionale hoofkantoor is. Die hofsitting het Donderdag, 11 Oktober, begin.

Die boere voer aan dat Shell nie oliebesoedeling by hul plase gekeer het nie en dat die plase daardeur vernietig is.

Shell is die grootste olieprodusent in Nigerië, en is reeds vir meer as 50 jaar daar werksaam.

Die hofsaak wek groot belangstelling, veral by omgewingsgroepe.

Bronne: TimesLive en Reuters


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butchvan Blerk

2012/10/12 09:16:56 AM

Dit sal almal die moeite loon om te sien hoe shell nigerië bemors en net so gelos het - watter boodskap stuur dit aan die Karoo ? - ek stem saam met dr Victor Dercksen - as hulle so graag in die Karoo wil frack - laat hulle 'n deposito vir die krediet van die Karoostreek vir 'n paar biljoen dollar neersit voor hulle masjiene begin - ek sien al weer hoe glinster sekere politici se oë - maar dit kan dalk na die tyd die skade aan die streek versag

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights